Nuus 11:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbeki sê ANC-lede het nie ‘n wanfunksionele party nodig nie
# ‘n Studie onthul ‘n hoë MIV-voorkoms in die ouderdomsgroep 50 tot 54 in Gauteng
# En, sokker: Die span laagste op die wêreldranglys wen sy eerste mededingende wedstryd ooit
# Voormalige president, Thabo Mbeki, sê ANC-lede het nie ‘n wanfunksionele party nodig nie en moet saam werk en vasberade en doelgerig wees. Mbeki het die herlewingskonvokasie van die provinsiale uitvoerende komitee van die Vrystaat-ANC in Welkom toegespreek. Volgens hom moet die party sy herlewing prioritiseer en aan die komende nasionale dialoog deelneem:
# ‘n Onlangse studie toon 32,2-persent van mense tussen die ouderdomme van 50 en 54 in Gauteng het in 2022 met MIV geleef. Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het die Sesde Suid-Afrikaanse MIV-voorkoms-oorsig uitgereik, wat die dringende behoefte beklemtoon aan meer toetse en behandeling. Khangelani Zuma van die RGN wys daarop dat meer mense moet weet wat hulle status is om die epidemie doeltreffend te bekamp:
# Nicole Kidman kon nie haar toekenning as beste aktrise by die Venesiese Rolprentfees in ontvangs neem nie na die dood van haar ma, Janelle Ann Kidman. Kidman se 83-jarige ma was oor die jare gereeld saam met haar op die rooi tapyt. Kidman is as beste aktrise aangewys vir Babygirl. Die regisseur van die rolprent, Halina Rejin, het namens die 57-jarge Kidman ʼn boodskap voorgelees wat die toekenning aan haar ma toewy. Die beste rolprent by die 81ste weergawe van die rolprentfees is The Room Next Door van Pedro Almodovar.
# Sokker: Engeland se tussentydse bestuurder, Lee Carsley, sê deur stil te bly met die volkslied maak hom nie minder toegewyd aan die span nie. Hy het verkies om nie voor die vir God Save The King by sy spelers aan te sluit nie, voor hulle eerste wedstryd in die Nasiesliga in die Aviva-stadion in Dublin. Carsley het sy eerste wedstryd as bestuurder gewen nadat hulle die Republiek van Ierland met 2-0 getroef het. Hy het vooraf gesê hy gaan nie die volkslied saamsing nie, soos hy nog altyd in sy loopbaan doen.
# Ten slotte sokkernuus wat bewys aanhouers wen! Die nasionale manspan in die laagste plek op die wêreldranglys het hul eerste mededingende oorwinning ooit, en hulle eerste oorwinning in 20 jaar behaal. Die piepklein San Marino, ‘n mikrostaat wat deur Italië omring word, het Liechtenstein in die UEFA-nasiesliga met 1-0 geklop. San Marino het in 2004 Liechtenstein met dieselfde telling geklop, maar dit was in ‘n vriendskaplike wedstryd. Die span is op 210 laaste op FIFA se wêreldranglys, met Liechtenstein wat nie veel beter vaar nie op 199. Met ‘n bevolking van net 33-duisend is die meeste van die spelers amateurs wat ander werk het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….