Nuus 09:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbeki sê ANC-lede het nie ‘n wanfunksionele party nodig nie
# Ses dood in ‘n skietgeveg met polisie in Germiston
# En, tennis: Aryna Sabalenka klop Jessica Pegula in ‘n opwindende Amerikaanse Ope vroue-eindstryd
# Voormalige president, Thabo Mbeki, sê ANC-lede het nie ‘n wanfunksionele party nodig nie en moet saam werk en vasberade en doelgerig wees. Mbeki het die herlewingskonvokasie van die uitvoerende komitee van die Vrystaat-ANC in Welkom toegespreek. Volgens hom moet die party sy herlewing prioritiseer en aan die komende nasionale dialoog deelneem:
# Ses verdagtes is Saterdag dood en nog een ernstig gewond tydens ʼn skietgeveg met die polisie in Germiston. Woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê die polisie het vroeër inligting ontvang dat ʼn transitorooftog beplan word en ʼn multidissiplinêre span het die rowers voorgelê. Sy sê die span is naby die toneel ingelig dat die rooftog plaasgevind het en is gevra om op die uitkyk te wees vir ʼn Hyundai IX 35:
# Die Stad Tshwane sê hy ondersteun pogings tot samewerking met die metro, provinsiale en nasionale regerings om wetstoepassing te versterk. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê ʼn ooreenkoms sal binnekort afgehandel word en dit sal die stad se verbintenis bevestig om die samewerking tussen regerings te versterk en gedeelde veiligheidsuitdagings aan te spreek:
# Amerikaanse amptenare het ʼn menslike geval van voëlgriep bevestig by ʼn pasiënt wat sover bekend nie met diere in aanraking was nie. Die pasiënt is van Missouri was is in die hospitaal vir behandeling en het herstel. Dit is die 14de geval van voëlgriep in Amerika in 2024 en die eerste sonder enige werksblootstelling aan besmette diere. Die Sentrum vir Siektebeheer sê egter die risiko vir die algemene publiek bly laag. Voëlgriep is ʼn virale siekte wat hoofsaaklik by voëls en diere voorkom en menslike infeksies is skaars.
# Tennis: Aryna Sabalenka het Saterdag in ‘n wipplankwedstryd, die Amerikaanse Ope en haar derde Grand Slam-toernooi ingepalm met ʼn oorwinning van 7-6, 7-6 oor ʼn moedige Jessica Pegula. Die Arthur Ashe Stadion was volgepak met 23-duisend toeskouers, onder andere ook die Olimpiese gouemedaljewenner oor 100 meter, Noah Lyles, en die voormalige Formule 1-wêreldkampioen, Lewis Hamilton. Die 26-jarige van Belarus het 40 wenners behaal en is die eerste vrou sedert Angelique Kerber in 2016 om albei hardebaan-majors in een seisoen te wen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….