Nuus 08:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 September 1 nm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gwarube is verbind om die onderwystelsel te beskerm teen begrotingsbesnoeiings
# Cosatu sê die Parlement moet optree wanneer ‘n Parlementslid die morele pad byster raak
# En, rugby: Suid-Afrika oorrompel die All Blacks en kruip nader aan die Kampioenskaptitel
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê sy bly daartoe verbind om maniere te vind om die onderwysstelsel teen pynlike begrotingsbesnoeiings te beskerm. Sy werk saam met belanghebbers om te verseker die departement beskerm leerders teen die slegste gevolge terwyl hulle langtermyn-oplossings met die Tesourie beding. Gwarube was in gesprek met alle provinsiale LUR’e vir Onderwys om die impak van hierdie begrotingsbesnoeiings op die verskillende provinsies te bespreek:
# Matthew Parks van Cosatu sê indien Suid-Afrikaners die afdraende pad na totale anargie wil keer, moet die Parlement en wetstoepassingsliggame optree wanneer ‘n Parlementslid die spoor byster raak. Hy sê om politieke boosdoeners net sagkens te hanteer is nie net ʼn belediging teenoor die publiek nie maar sal toekomstige staatskaping en plundery aanmoedig:
# Die EFF-Parlementslid en Tesourier-Generaal van die party, Omphile Maotwe, sê die regering het misluk om die finansiële sektor te hervorm om ʼn ontwikkelende rol te vervul ter ondersteuning van herindustralisering. Maotwe het deelgeneem aan ‘n bespreking in die Parlement oor die ontwikkelende rol van die finansiële sektor. Sy sê die bestaande model dat die finansiële sektor deur ʼn paar mense beheer word wat die lot van die land bepaal, sal nooit werk nie:
# Rugby: Suid-Afrika moes gister in Kaapstad van agter af inhaal om Nieu-Seeland te klop maar is nou nader aan die Rugbykampioenskapstitel met twee wedstryde oor. Die wêreldkampioene was rustyd 9-3 agter maar het voorgeloop nadat kaptein Siya Kolisi vroeg in die tweede helfte oorgeduik en Handré Pollard verdoel het. Malcolm Marx se drie laat in die wedstryd het die telling tot 18-12 opgeskuif en Suid-Afrika het die eerste keer in 15 jaar weer die Freedom Cup in die lug gehou. Die Bokke het die All Blacks nou vier keer na mekaar geklop, die eerste keer sedert 1949.
# Ten slotte: Larry die kat kry ’n nuwe speelmaat met die Starmers wat ’n Siberiese katjie by Downing Street sal verwelkom. Volgens die eerste minister wou die kinders ‘n Duitse herdershond hê maar hy kon hulle oortuig om ʼn Siberiese katjie te kry. Die nuwe katjie is een van ʼn hele string troeteldiere wat by Downing Street ʼn huis gevind het. Larry die kat is vir tien jaar al ʼn bekend persoonlikheid en maak dikwels sy verskyning tydens belangrike politieke geleenthede. Hy is ‘n bobaas muisvanger wat reeds ses eerste ministers gedien het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….