Nuus 08:00
BULLETIN 3 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Buthelezi wil die etiese grondslag van die staatsdiens versterk
# Ses verdagtes wat verbind word met ernstige sake word deur die polisie doodgeskiet
# En die VSA lê beslag op die vliegtuig van die president van Venezuela
# Die minister van Staatsdiens en Administrasie, Inkosi Mzamo Buthelezi, sê die regering gaan die Etiese Komitee-prosedure instel en opleiding verskaf oor leefstyloudit-ondersoeke en tugbestuur. Die doel is om die staatsdiens se etiese basis te versterk. September is Staatsdiens-maand. Buthelezi benadruk die behoefte om swakhede in die bestuurstelsel aan te spreek en moedig samewerking tussen departemente aan:
# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling en die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum onderteken vandag ‘n memorandum van verstandhouding om finansiële misdaad en korrupsie te beveg. Die memorandum noem talle areas van samewerking, soos die vermindering van finansiële en kubermisdaad-risiko’s, die ontwikkeling en instelling van digitale vermoëns, en die bevordering van kapasiteitsbou en vaardigheidsontwikkeling in die sektor. Die departement sê die memorandum gaan oor samewerking om die sekerheid en integriteit van die Suid-Afrikaanse finansiële sektor te verbeter.
# Ses verdagtes is dood in ‘n skietgeveg met die polisie by ‘n woonstel in Suidstrand, Durban. Die mans is gesoek in verband met verskeie moorde, waarvan die jongste voorval die moord gisteraand op vier mense in Mariannhill. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die verdagtes word ook verbind met afpersingsake en dwelmhandel:
# Amerikaanse owerhede het in die Dominikaanse Republiek beslag gelê op president Nicolas Maduro van Venezuela se vliegtuig nadat vasgestel is dis teen die bepalings van Amerikaanse sanksies aangekoop. Owerhede sê ʼn ondersoek het bevind mense wat bande het met Maduro, het na bewering ʼn Karibies-gebaseerde dopmaatskappy gebruik om die vliegtuig onwettig by ʼn maatskappy in Florida te koop. Die vliegtuig is in April verlede jaar onwettig deur die Karibiese Eilande van Amerika na Venezuela uitgevoer. Venezuela veroordeel die beslaglegging en sê dit kom neer op ongeoorloofde toe-eiening.
# Gholf: Die viermalige kampioen, Rory McIlroy, sê hy wil sy toernooi-program in die toekoms afskaal. Die 35-jarige speler sal teen die einde van die jaar 27 toernooie agter die blad hê. Die voormalige wêreld-nommer-een het hierdie seisoen twee keer op die PGA-toer gewen, maar kon nie die ontwykende vyfde major-sege behaal nie. McIlroy sê hy gaan voortaan probeer om net aan 18 tot 20 toernooie deel te neem:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-86-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-47-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-184-dollar-72-sent. Die prys van goud is twee-duisend-494-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….