Nuus 09:00
BULLETIN 1 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na Eskomkontrakte
# Paul Mashatile verwelkom die vyf-miljard-rand Nuwe Ontwikkelingsbanklening vir Transnet
# En motorsport, Lando Norris spring voor weg in die Italiaanse Grand Prix
# AfriForum sê die spesiale ondersoekeenheid se ondersoek na beweerde korrupsie in nege Eskomkontrakte is ‘n deurslaggewende tree na aanspreeklikheid. Die ondersoek volg op president Ramaphosa se onlangse proklamasie wat die eenheid die mag gee om onregmatighede te ondersoek in die kragverskaffer se operasies. Charné Mostert van AfriForum beklemtoon egter dit is die begin van ‘n breër stryd teen korrupsie by Eskom:
# Adjunkpresident Paul Mashatile het die Nuwe Ontwikkelingsbank se leningsooreenkoms van vyf-miljard-rand met Transnetverwelkom. Dis is aangekondig is op die negende jaarvergadering in Kaapstad. Die lening sal die hernuwing befonds van Transnet se spoorvragsektor, gefokus op infrastruktuur, lokomotiewe en die opknapping van die treinwavloot. Hy beklemtoon die kritieke rol wat Transnet in die Suid-Afrikaanse ekonomie speel:
# Die DA in Gauteng beweer inwoners se veiligheid is in gevaar met die provinsie wat ‘n spilpunt bly vir ernstige misdade. Die Gemeenskapsveiligheidwoordvoerder van die DA, Crezane Bosch, sê die jongste misdaadstatistieke toon Gauteng het tussen April en Junie vanjaar 26,3-persent van kontakmisdade verteenwoordig. Sy het kommer uitgespreek oor die doeltreffendheid van die huidige misdaadvoorkomingstrategieë:
# China en die Filippyne beskuldig mekaar na die botsing tussen hulle kuswagvaartuie in ‘n bestrede gebied van die Suid-Chinese See. Die Filippyne beweer ‘n Chinese skip het direk en met opset in hulle vaartuig vasgevaar, terwyl Beijing die Filippyne beskuldig van ‘n opsetlike botsing met ‘n Chinese skip. Gister se botsing naby die Sabina-sandbank is die jongste voorval tussen die twee lande oor verskeie eilande en sones in die gebied. In die afgelope twee weke was daar minstens drie ander insidente waarby skepe van die twee lande betrokke was.
# En motorsport, Lando Norris is in die voorste wegspringposisie vir vanmiddag se Italiaanse Grand Prix op Monza. Die McLaren-jaer het nou ‘n baie goeie kans om Max Verstappen se voorsprong in die Formule Eenkampioenskap verder te verklein. Norris is 70 punte agter Verstappen op die renjaerspunteleer en het sy spanmaat Oscar Piastri is langs hom in die voorste ry. McLaren is nou net 30 punte agter Red Bull in die vervaardigerskampioenskap. George Russell is in die tweede ry vir Mercedes, saam met Charles Leclerc van Ferrari, met Carlos Sainz en Lewis Hamilton vyfde en sesde, en Verstappen sewende.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….