Nuus 08:00
BULLETIN 1 September 8 vm
Goeiemôre Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika fokus op netwerkmodernisering, bio-energie en kernkragbestuur
# Paul Mashatile verwelkom die 41-miljard-rand Nuwe Ontwikkelingsbankbelegging in hernubare energie
# En rugby, die Springbokke veg terug soos min teen die All Blacks vir ‘n opwindende oorwinning op Ellispark
# Suid-Afrika is gretig om te leer uit globale ondervinding met hernubare energie, netwerkmodernisering en die elektrifisering van landelike gebiede. Adjunkpresident Paul Mashatile het tydens die BRICS Hoëvlak-energieseminaar in Kaapstad die belangrikheid van hidro-elektriese krag, bioenergie, die bestuur van kernkrag, en innoverende befondsing beklemtoon, om energietransmissie te verbeter en sosio-ekonomiese uitdagings in die sektor te hanteer:
# Mashatile het ook die Nuwe Ontwikkelingsbank se belegging van 41-miljard-rand in tien nuwe hernubare energieprojekte verwelkom. Hy het tydens die energieseminaar die belangrikheid uitgelig van Suid-Afrika se oorgang na hernubare energie. Mashatile het diee bank se verbintenis tot infrastruktuurontwikkelinging geprys, waaronder ‘n leningsooreenkoms van vyf-miljard-rand vir Transnet:
# Everest Wealth waarsku vinnige onttrekkings uit die tweepot-pensioenstelsel kan tot later die maand vertraag word terwyl die Inkomstediens riglyne uitreik. Die uitvoerende hoof Thys van Zyl sê die stelsel tree vandag in werking en hou moontlike transaksiefooie en belasting in, en waarsku onttrekkings kan toekomstige aftreefondse verminder. Hy vra versigtigheid en wys op die langtermynuitwerking op pensioenspaargeld met net ses-persent van Suid-Afrikaners wat gemaklik kan aftree.
# Rugby: Die Springbokke het ‘n 31-27 Rugby Kampioenskapoorwinning oor die All Blacks behaal in ‘n nael-kou toets op Ellispark. Die Nieu-Seelanders was twaalf minute voor die einde van die wedstryd nog 27-17 voor, maar danksy twee laat drieë kon hulle die wedstryd inpalm. Die Suid-Afrikaners se drie drieë is aangeteken deur Bongi Mbonambi, Kwagga Smith en Grant Williams, terwyl die losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu 16 punte met sy stewel bygevoeg het. Die All Blacks se vier drieë het aan hulle ‘n bonuspunt besorg met nog ‘n bonuspunt omdat hulle met minder as sewe punte verloor het.
# En ten slotte, die Amerikaanse kletsrymer Fatman Scoop is op 53-jarige ouderdom oorlede nadat hy Vrydag by sy konsert in Connecticut ineengestort het. Hy was halfpad deur sy optrede in die stad Hamden toe hy inmekaar gesak het. Die kletsrymer is per ambulans hospitaal toe geneem. Sy agent het later sy dood bevestig in ‘n verklaring aan die BBC, en gesê sy nalatenskap sal voortleef deur sy tydlose musiek. Scoop, wie se regte naam Isaac Freeman die Derde is, word erkenning gegee vir sy groot invloed op New York se hip-hoptoneel in die 1990’s.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….