Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die ikoniese halfmens-vetplant wat net in die Richtersveld in die Noord-Kaap en dele van Namibië aangetref word, word deur uitsterwing bedreig weens klimaatsverandering. Slegs 80-persent van die halfmens het reeds gevrek weens ‘n erge droogte tussen 2016 en 2022. ‘n Botanis, Piet van Wyk en die Nama-gemeenskap benadruk die plant se kulturele betekenis en die dringende behoefte aan bewaring, want onwettige versameling bedreig ook sy oorlewing.
# Magalies Water het die publiek verseker die verwydering van hiasinte uit die Hartbeespoortdam in Noordwes is onder beheer en daar is nie enige besoedelingsgevaar laer af in die Krokodilrivier nie. Die nutsmaatskappy sê indringerplante word noukeurig versamel en verwerk om te verseker daar is nie enige afval nie. Hy sê dit is deel van ‘n groter omgewingsbestuurstrategie en benadruk volhoubaarheid en die welsyn van die gemeenskap. Magalies Water sê hy bly verbind tot die beskerming van die dam se ekostelsel en die beperking van omgewingsuitwerking tot die minimum.
# En ten slotte: Die 60ste Natuurlewe-fotograaf van die Jaar-kompetisie het ‘n rekord van 59-duisend-228 inskrywings uit 117 lande en gebiede ontvang. Die Natuurgeskiedenis-museum het ‘n paar mededingende foto’s vrygestel. Die bekroonde Britse fotograaf en skrywer van Kaapstad, Tommy Trenchard, is een van die benoemdes vir sy foto getiteld Hooked. Terwyl Trenchard aan boord van die Greenpeace-skip Arctic Sunrise was, het hy die laaste vinslag van ‘n blouhaai vasgevang toe dit uit die see getrek is. Die wenners sal in Oktober aangekondig word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….