Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 Augustus 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Sleutelfigure in staatskaping word vandag as nuwe LP’s ingehuldig
# Ramaphosa wil hê die minister van Justisie moet haar beweerde bande met VBS-geld verduidelik
# En, die Paralimpiese Spele: Meer as twee-miljoen kaartjies is reeds verkoop
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, huldig vandag agt lede van die MK-party in as parlementslede in die Goeie Hoop-gebou in Kaapstad. Onder hulle is die voormalige hoofde van staatsondernemings, Brian Molefe, Siyabonga Gama en Lucky Montana, wat almal onder die loep is oor staatskapingsbewerings. Die voormalige EFF-LP Mzwanele Manyi word ook weer ingehuldig, dié keer vir MK. Die voormalige LP’s Nazier Paulsen en Sinawo Thambo keer terug vir die EFF.
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembi Simelane, is gevra om ‘n volledige verslag voor te lê oor bewerings van onbehoorlike voordele uit die ineengestorte VBS-bank. Berigte lui Simelane het ‘n munisipale belegging van 349-miljoen-rand moontlik gemaak toe sy die burgemeester van Polokwane was, wat na bewering gelei het tot ‘n lening aan haar om ‘n koffiewinkel te koop. Politieke partye en burgerlike samelewingsgroepe vra deursigtigheid en aanspreeklikheid. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya sê president Cyril Ramaphosa het kennis geneem van die bewerings:
# AfriForum sê hy sal nie toelaat dat die watermafia Suid-Afrika se watersekerheid saboteer nie. Die organisasie kritiseer die regering se mislukking met die beskerming wat waterinfrastruktuur en beloof om pogings voort te sit om noodsaaklike bronne te beskerm. AfriForum se bestuurder van Omgewingsake Lambert de Klerk het op die behoefte gewys vir strenger regulasies en samewerking met die gemeenskap om die watermafia se invloed te beëindig:
# Paralimpiese Spele: Die organiseerders van die Paralimpiese Spele in Parys het aangekondig meer as twee-miljoen kaartjies is reeds verkoop. Daar is nog 500-duisend onverkoopte kaartjies vir die Spele wat vandag begin met die openingseremonie in Parys se middestad. Die gewildste sportsoorte is blinde sokker, taekwondo, baanfietsry, skiet, driekamp en ruitersport.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-77-sent teen die euro en 23-rand-49-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-985-dollar-22-sent. Die prys van goud is twee-duisend-504-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-20-sent per vat.
# En ten slotte: Die ANC het hulde gebring aan die stigter en uitvoerende hoof van Liliesleaf-trust. Nicholas Wolpe was die seun van die anti-apartheidaktiviste, Harold en AnnMarie Wolpe. Hy word geloof vir sy toewyding om die Liliesleaf-plaas te bewaar, wat vir meer as 20 jaar reeds ‘n belangrike baken in die stryd teen apartheid is. Die ANC sê Wolpe se nalatenskap herbevestig sy verbintenis tot ‘n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese samelewing.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….