Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 27 Augustus 12.30 nm
Goeiemiddag. Ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons val weg met rugby: Die All Blacks se hulp- en voorspeler-afrigter, Jason Ryan, sê hulle maak gereed vir ‘n fisiese aanslag van die Springbokke in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets op Ellispark. Ryan sê hulle is oortuig hulle sal kan meeding met die Springbokke se verwoede pak:
# Vervolgens, krieket: Net trots is op die spel vir die Proteas in die laaste T20 teen die Windies in Tarouba. Die gashere het reeds die reeks beklink nadat hulle die eerste twee kragmetings gewen het. Hulle het Suid-Afrika in die eerste wedstryd met sewe paaltjies verslaan en in die tweede met 30 lopies. Die Proteas keer nou terug na Suid-Afrika om voor te berei vir ‘n propvol somer, insluitend reekse teen Afghanistan, Ierland en Sri Lanka, voor hulle Pakistan aandurf in drie T20s, drie eendagwedstryde en twee toetse.
# Atletiek is vogende aan die beurt: Bradley Nkoana van Suid-Afrika maak vandag sy buiging in die 100-meter-uitdunne op Wêreldatletiek se Onder-20-kampioenskap in Lima, Peru. Hy was ‘n lid van Suid-Afrika se span wat vroeër die maand ‘n silwermedalje in die vier-maal-100-meter verower het op die Olimpiese Spele. Sowat een-duisend-700 atlete van meer as 130 lande neem die volgende vyf dae aan die kompetisie deel. Nkoana sê dit was baie spesiaal om ‘n medalje in Parys te kon wen:
# En, ons sluit af met tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen Carlos Alcaraz sê hy behoort piekfyn te wees vir sy eerste wedstryd op die Amerikaanse Ope. Hy het Saterdag ophou oefen nadat hy sy enkel verswik het. Die derde-gekeurde Spanjaard sê hy het ‘n paar uur later weer gemaklik gevoel en is nie bekommerd oor sy deelname aan die jaar se laaste Grand Slam-toernooi nie. Hy kom in die eerste ronde op Flushing Meadows in New York te staan teen die wêreld se nommer 189, die Australiër Li Tu.
Die verdedigende vrouekampioen, Coco Gauff, sê intussen sy plaas geen druk op haarself nie. Die Amerikaner het haar veldtog goed begin toe sy Varvara Gracheva van Frankryk 6-2, 6-stroop verpletter het. Die wêreld-nommer-twee, Aryna Sabalenka van Belarus, het die Australiese kwalifiseerder Priscilla Hon 6-3, 6-3 geklop, terwyl 2017 se kampioen, Sloane Stephens van Amerika, teen Clara Burel van Frankryk verloor het. Gauff sê haar spel teen Gracheva was die beste in ‘n lang tyd:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….