Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Desember 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa bly daartoe verbind om aandag te gee aan diensleweringsuitdagings
# ‘n Sentrum maak beswaar teen Karpowership se lisensie om in Richardsbaai te werk
# En, rugby: Veertien Bokke en All Blacks van die Wêreldbeker-eindstryd sal in Japan se Liga Een speel
# President Cyril Ramaphosa sê sy administrasie bly daartoe verbind om aandag te gee aan diensleweringsuitdagings regoor die land. Hy het vanmiddag die Presidensiële Imbizo in Welkom in die Vrystaat toegespreek. Tydens gesprekke met die gemeenskap wat teenwoordig was, het Ramaphosa gesê die bekommernisse van die inwoners sal nie hierdie keer nie gehoor word nie:
# Die Biodiversiteits-regsentrum het ‘n appèl ingedien teen die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing vir die toekenning van ‘n lisensie aan Karpowership om ‘n skeepsgemonteerde, drywende kragsentrale in die hawe van Richardsbaai in KwaZulu-Natal te bedryf. Volgens die departement is die doel om die land se kragopwekkingsvermoë te verbeter. Die woordvoerder van die sentrum, Kate Handley, het aan eNCA gesê die Turkse maatskappy kan nie op ‘n biodiversiteit-volhoubare wyse bedryf nie. Handley beklemtoon die potensiële verlies aan kritieke biodiversiteitswaarde mag nie toegelaat word nie:
# Cosatu verwelkom die Parlement se aanvaarding van die langverwagte Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering. Cosatu loof die Nasionale Raad van Provinsies oor die weerstand teen sake-invloed, aangesien die uitstel van die wetsontwerp miljoene mense se gesondheid in die gedrang sal bring. Cosatu sê die NGV is deurslaggewend om die gebroke en onvolhoubare openbare en privaat gesondheidsorgstelsels reg te stel. Die woordvoerder, Matthew Parks, sê die NGV, wat daarop gemik is om gesondheidsorgkrisisse aan te pak, het oorweldigende ondersteuning van werkers ontvang. Hy doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om hierdie transformerende wetsontwerp stiptelik tot voordeel van miljoene burgers te onderskryf.
# Rugby: Nie minder nie as 14 Suid-Afrikaners en Nieu-Seelanders wat in die Wêreldbeker-eindstryd gespeel het, sal in aksie wees wanneer die Japanse Liga Een hierdie naweek afskop. Die Springbokke is Franco Mostert, Pieter-Steph du Toit, Faf de Klerk, Damien de Allende, Jesse Kriel, Cheslin Kolbe en Kwagga Smith. Kaptein Sam Cane, Brodie Retallick, Shannon Frizell, Ardie Savea, Aaron Smith, Richie Mo’unga en Beauden Barrett het vir die All Blacks gespeel. Nog ‘n All Black, Dane Coles, het die beseerde Bok-haker, Malcolm Marx, vervang by die verdedigende kampioen, Kubota Spears.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-81-sent teen die dollar, 20-rand-29-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-299-dollar-9-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-31-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-6-sent per vat.
# En laastens: McDonald’s sê handelsmerke soos Starbucks die stryd aan met sy nuwe restaurante wat lyk soos koffiewinkels, CosMc’s (coz-mieks). Die eerste restaurant open later vandeesmaand in Illinois in Amerika en die maatskappy beplan om teen die einde van aanstaande jaar 10 in die land te hê – hoofsaaklik in Texas. Die spyskaart sal verskeie drankies bevat soos churro frappé, borrie-gekruide latté en bloubessie-gemmer-hupstootjie, terwyl twee van McDonalds se gewildste items, die McFlurry en die Egg McMuffin, ook aangebied sal word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….