Nuus 11:00
BULLETIN 23 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se statistieke is op die spel
# Kamala Harris sê dis nou tyd vir ‘n wapenstilstand in Gaza
# En krieket: Die eerste vrouetoets ooit op Lord’s word in 2026 gespeel
# Die EFF vra groter aanspreeklikheid van Statistieke Suid-Afrika en sê dis noodsaaklik dat die publiek die data wat nasionale beleid beïnvloed, kan vertrou. Die liggaam het Dinsdag ‘n verslag uitgereik waarin hy sê Sensus 2022 se data oor indiensneming, inkomste, sterftes en aanwas sal nie uitgegee word nie weens kommer oor die gehalte van die inligting. Die EFF sê hy het gereeld die belangrike behoeftes van Statistieke Suid-Afrika beklemtoon omdat die instelling sonder ondersteuning nie sy mandaat behoorlik kan vervul nie.
Die DA het intussen Sensuss 2022 as ‘n nasionale skandaal veroordeel en vra die inligting moet hersien word. Die nasionale woordvoerder, Willie Aucamp, kritiseer die sensus van 2,3-miljard-rand, en noem die onakkurate data ‘n bedreiging vir maatskaplik-ekonomiese beplanning. Hy sê die DA sal vandag op ‘n parlementêre portefeuljekomiteevergadering Statistiek SA ondervra in die soeke na ‘n deeglike hersiening:
# Die Konsortium vir Vlugtelinge en Migrante in Suid-Afrika doen ʼn beroep op die Verenigde Nasies se Menseregteraad om Dinsdag se stormloop by die Tshwane-vlugtelingsentrum te ondersoek. ʼn Malawiese burger is dood en meer as 20 mense beseer. Die polisie het ʼn dossier geopen om die voorval te ondersoek. Die vlugtelinge-drukgroep sê die VN se betrokkenheid sal verseker die ondersoekers tree op volgens die staat se verpligting om vlugtelinge en asielsoekers sonder diskriminasie te beskerm.
# Die Amerikaanse adjunk-president, Kamala Harris, het beloof om op te staan vir Israel se reg om homself te verdedig, maar voeg by die bloedbad in Gaza is vernietigend. Sy het die Demokratiese Party se benoeming as presidentskandidaat aanvaar op die laaste aand van die party se konvensie in Chicago. Die oorlog in die Midde-Ooste was die hooffokus van verset-optrede buite die konvensie die afgelope week. Harris sê dit het nou tyd geword om ‘n skietstakings- en gyselaars-uitruilooreenkoms te sluit:
# Krieket: Die heel eerste vrouetoets wat op die geskiedkundige Lord’s in Londen plaasvind word in 2026 tussen Engeland en Indië gespeel. Dit sal Engeland se eerste tuistoets wees sedert die reeks om die As in 2023, toe Australië hulle op Trent Bridge verslaan het. Die wedstryd is oor vyf dae gespeel vergeleke met vroue wat gewoonlik vier dae speel. BBC Sport berig egter die duur van die toets op Lord’s moet nog bevestig word. Die beroemde stadion is in 1814 in gebruik geneem en 130 toetse is sedert 1884 daar gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-97-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 23-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-230-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-492-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….