Nuus 11:00
BULLETIN 22 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ontleders twyfel oor die MK-party se leeftyd
# Trump sê die Obamas raak persoonlik
# En rugby: Die All Blacks se hulpafrigter bedank
# Die MK-party loop gevaar om ‘n eenverkiesings-wonder te word as hy nie strukture bou en partybeleid opstel nie. Dit is volgens die onafhanklike politieke en verkiesingsontleder, Wayne Sussman. Hy sê die party het momentum verloor ná die verkiesing in Mei. ʼn Senior dosent in Politiek aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Zakhele Ndlovu, sê die gebrek aan behoorlike strukture, die persoonlikheidskultus rondom oudpresident Jacob Zuma, en die afdanking van leiers definieer tans MK. Hy sê sommige van die probleme is veroorsaak deur die manier waarop dit gevorm is.
Zuma gaan vandag die party se strategiese visie op ‘n mediakonferensie in Sandhurst, Johannesburg, uiteensit. Die party sê sy toespraak sal sleutel-organisatoriese kwessies dek, asook die party se rigting te midde van die huidige politieke klimaat. Zuma wil die party se toekomstige trajek verduidelik, asook die rol daarvan in die veranderende politieke landskap. Hy is gister amptelik uit die ANC geskop nadat hy nie voor die spertyd appelleer het nie.
# Die IVP het die nasionale voorsitter van sy Jeugbrigade en parlementslid, Sanele Zondo, op spesiale verlof geplaas. Dit volg nadat sy vrou veilig gevind is nadat sy verlede week as vermis aangegee is. Sy het Zondo van mishandeling beskuldig. Hy het al die aantygings ontken. Die IVP se nasionale woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê wetstoepassingsagentskappe moet die aantygings hanteer. Hy voeg by hulle beskou die bewerings van mishandeling in ‘n baie ernstige lig en verseker die publiek die saak kry voorkeur.
# Die Amerikaanse Republikeinse Party se presidentskandidaat, Donald Trump, het die Demokratiese Party se nasionale konvensie in Chicago as ‘n klug beskryf. Hy het in Noord-Carolina sy eerste buitelugsaamtrek toegespreek sedert verlede maand se sluipmoordaanval op hom in Pennsilvanië. Die oudpresident het agter koeëlvaste glas gestaan toe hy ondersteuners toegespreek het. Trump het uitgevaar teen sy voorganger, Barack Obama, en sy vrou, Michelle, se kritiek op hom op die konvensie:
# Rugby: Leon MacDonald het sy onmiddellike bedanking as Nieu-Zeeland se hulpafrigter aangekondig net voor die twee Rugbykampioenskaps-toetse teen Suid-Afrika. Die ander assistente, Scott Hansen en Tamati Ellison, neem sy verantwoordelikhede oor. Die All Blacks se hoofafrigter, Scott Robertson, sê hy was die afgelope paar weke in eerlike gesprekke betrokke oor verskillende sienings wat betref MacDonald se benadering tot sy rol as aanvalsafrigter:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-94-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 23-rand-49-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-800-dollar-72-sent. Die prys van goud is twee-duisend-504-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….