Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Jacob Zuma is nie meer ‘n lid van die ANC nie
# Nobuhle Mthembu van ActionSA word verkies tot Johannesburg se nuwe speaker
# En, rugby: Die All Blacks-kaptein Scott Barrett keer terug vir die twee toetse teen die Springbokke
# Die ANC het bestig sy voormalige leier, Jacob Zuma, is nie meer ‘n lid van die regerende party nie. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê dit volg nadat hy nie binne die toegelate 21-dae appèl aangeteken het teen sy verwydering nie. Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee het besluit om hom uit te skop weens sy steun vir die MK-party met die verkiesing in Mei.
# Nobuhle Mthembu van ActionSA is tot nuwe speaker van Johannesburg verkies, in die plek van Margaret Arnolds. Mthembu het 180 van die 248 stemme gekry teen Nonhlanhla Sifumba van die DA. Sy het in haar aanvaardingstoespraak onderneem om aanspreeklikheid en deursigtigheid te vestig met die fokus op dienslewering, vernuwing van die middestad en wetstoepassing. Mthembu beklemtoon die dringendheid om die uitdagings van die stad aan te pak:
# Die Departement van Korrektiewe Dienste ken in die 2024/’25-boekjaar 2,4-miljard-rand toe vir die versorging van gevangenes en 1,2-miljard-rand vir maatskaplike herintegrasie. Ten spyte van begrotingsbesnoeiings is hierdie uitgawes noodsaaklik om oorbevolking en verbeterde monitering van gevangenes te verseker. Bruikhuurvoertuie om paroolgangers te monitor, sal deur begrotingsbeperkings geraak word. Oorbevolking, infrastruktuur wat agteruitgaan en kwessies soos die oormatige gebruik van geweld, bly belangrike uitdagings. Die departement voorsien teen 2026/’27 ‘n algehele uitgawe van 30,3-miljard-rand.
# Rugby: Die gereelde kaptein van die All Blacks, Scott Barrett, keer na ‘n besering terug vir die twee Rugbykampioenskapstoetse teen die Springbokke. Die stut Ethan de Groot, wat in 2022 teen die Springbokke in Johannesburg beïndruk het, is ook terug na ‘n besering. Die twee toetse, in Johannesburg op die 31ste en in Kaapstad ‘n week later, behoort die kampioenskap te beslis met die Bokke tans boaan die punteleer en die Kiwi’s tweede. Die Bok-afrigter Rassie Erasmus verwag ‘n moeilike uitdaging:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-89-sent teen die dollar, 19-rand-91-sent teen die euro en 23-rand-38-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-274-dollar-52-sent. Die prys van goud is twee-duisend-504-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-47-sent per vat.
# En ten slotte: Die regbank gedenk vandag hoofregter Raymond Zondo terwyl hy gereed maak om na 27 jaar op die bank af te tree. Zondo tree aan die einde van die maand af en is by ‘n spesiale seremonie in die Konstitusionele Hof vereer. Hy was tydens sy termyn voorsitter van die staatskapingskommissie en regterpresident van die Arbeidshof voor sy aanstelling as hoofregter in 2022. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het Zondo verseker die Parlement sal die aanbevelings oor staatskaping deurvoer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….