Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Hoofregter Raymond Zondo vereer sy voorganger se leierskap en nalatenskap
# Die families van twee ingenieurs wat in Ekwatoriaal-Guinee aangehou word vra die Parlement om in te gryp
# En, krieket: Die Vroue-T20-Wêreldbekertoernooi word na die Verenigde Arabiese Emirate verskuif weens politieke oproer in Bangladesj
# Hoofregter Raymond Zondo het sy voorganger se uitnemende leierskap en voortdurende nalatenskap vereer tydens ‘n spesiale sitting van die Konstitusionele Hof. Regter Mandisa Maya sal hom opvolg wanneer hy die einde van die maand aftree. Zondo het besin oor sy regsloopbaan van 27 jaar en belangrike bydraes erken van sy voorganger, Mogoeng Mogoeng, en melding gemaak van die aansienlike uitwerking van sy bewind en die uitdagende omstandighede. Hy spreek sy waardering uit vir die erkenning wat hy regdeur sy regsloopbaan gekry het:
Maya het Zondo geloof omdat hy mentorskap vir vroue op die regbank laat herleef het wat oorspronklik deur die Suid-Afrikaanse Tak van die Internasionale Vereniging van Vroueregters begin is. Volgens Maya is die program verwaarloos, maar is nou daarop gemik om vroulike verteenwoordiging op die bank uit te brei, wat Zondo se sterk verbintenis tot geslagsgelykheid op die regbank weerspieël:
# Die families van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs wat onwettig in Ekwatoriaal-Guinee in die tronk is, Frik Potgieter en Peter Huxham, pleit by die parlementêre portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge om hulle vrylating voorop te stel. Die Verenigde Nasies het hulle aanhouding onwettig verklaar. Die komitee se voorsitter, Supra Mahumapelo, het tydens vandag se vergadering ingestem om op te tree en die minister en die departement gevra om verslag te doen oor hulle pogings om die mans vrygelaat te kry:
# Gesondheidsbeamptes in Botswana het sifting vir A-pokke opgeskerp by die land se toegangspunte, met gevalle wat bevestig is in Suid-Afrika. Terwyl geen gevalle nog in Botswana aangeteken is nie, het die minister van Gesondheid, Edwin Dikoloti, die publiek die versekering gegee dat waarnemingstelsels verbeter is, veral by grense en op lughawens. Dikoloti het aangekondig reisigers sal self-ondersoek doen, en verdagte gevalle sal verder ondersoek word. Daarby beklemtoon hy Botswana se pogings om entmiddels te kry om weerstand te versterk teen die siekte, wat vinnig versprei.
# Krieket: Vanjaar se T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue is verskuif na die Verenigde Arabiese Emirate weens die politieke onbestendigheid in Bangladesj. Dit volg nadat eerste minister Sheikh Hasina se bewind omvergewerp is na weke se betogings waarin meer as 400 mense dood is. Die Internasionale Krieketraad glo Bangladesj sou ‘n gedenkwaardige toernooi aangebied het, maar die regerings van verskeie deelnemende spanne het hulle burgers gemaan om nie daarheen te reis nie. Die toernooi word van die derde tot die 20ste Oktober gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-82-sent teen die dollar, 19-rand-82-sent teen die euro en 23-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-317-dollar-98-sent. Die prys van goud is twee-duisend-511-dollar-76-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….