Nuus 13:00
BULLETIN 18 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die departement van Binnelandse Sake handel reëlings af om 95 Libiërs van Witrivier, Mpumalanga te deporteer
# Die polisie soek na die moordenaars van ses mans in ‘n skietery in Umlazi
# En, die onoorwonne Australiese renperd Black Caviar is op 17 jaar dood
# Die departement van Binnelandse Sake het voorbereidings afgehandel om 95 Libiërs te deporteer wat verlede maand in Witrivier, Mpumalanga, in hegtenis geneem is. Die saak teen hulle is Donderdag in Witrivier se landdroshof teruggetrek. Volgens die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sal Suid-Afrika vandag van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe verlaat op ‘n vlug waarvoor die Libiese regering betaal het:
# Die polisie in KwaZulu-Natal het met ‘n soektog begin na die moordenaars van ses mans wat gisternag in ‘n informele nedersetting in Umlazi doodgeskiet is. Die slagoffers is tussen 20 en 40 jaar oud. Drie van hulle is buite hul woonplek doodgeskiet en die ander drie binne. Hulle is op die toneel dood verklaar. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die motief vir die skietery is onbekend:
# Die DA in die Wes-Kaap is ontstoke oor die diefstal van ammunisie en wapens by die Faure-basis in Eersterivier. Volgens die party dui dit op ‘n ernstige sekerheidskrisis by SAPD-fasiliteite. Met ‘n geskiedenis van gesteelde wapens wat in die hande van misdadigers beland, vra die DA vir ‘n dringende ondersoek na die voorval. Woordvoerder Thomas Walters beklemtoon dis noodsaaklik om weer te dink oor polisiestrategieë en steun die afwenteling van polisiëring in die Wes-Kaap:
# Die onoorwonne renperd Black Caviar, algemeen bekend as die ‘Wonder from Down Under’, is op die ouderdom van 17 jaar dood. Die Australiese merrie het van 2009 tot 2013 ‘n rekordgetal 25 agtereenvolgende wedrenne gewen. Sy is op vier geleenthede as die wêreld se beste perd oor kort afstande gekroon, drie maal as Australië se Renperd van die Jaar en het selfs op die voorblad van die tydskrif Vogue verskyn. Black Caviar het hoefontsteking gehad. Sy is om menslikheidsredes van kant gemaak nadat sy Vrydag gevul het.
# En ten slotte rugby: Die Haaie het gister se Curriebekerkragmeting met die Cheetahs in Bloemfontein met 25-20 gewen. Albei spanne het drie drieë gaan druk, maar Lionel Cronjé se skopskoen het die verskil gemaak vir die Haaie. In Johannesburg het Renzo du Plessis met ‘n driekuns drieë bygedra tot die Leeus se oortuigende oorwinning van 41-22 oor die Westelike Provinsie. Die laaste kragmeting die naweek vind vanmiddag om drie-uur in Welkom plaas tussen die Griffons en die Griekwas. Die voorste span op die puntetabel ná sewe wedstryde is die Bulle met 31 punte, gevolg deur die Leeus, Cheetahs en Haaie onderskeidelik.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….