Nuus 08:00
BULLETIN 17 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Dada Morero word as Johannesburg se 12de burgemeester in agt jaar ingesweer
# Shamila Batohi van die NVG vra vir geregtigheid met die ondersoek na die finansiers agter die Libiese opleidingskamp
# En krieket: Die Kommissaris van die SA20 is verheug oor die uitsonderlike talent vir Seisoen 3
# Die voormalige burgermeesterskomiteelid vir Finansies, Dada Morero, is as Johannesburg se 12de burgemeester in agt jaar ingesweer. Die ANC se streekvoorsitter het 189 stemme gekry teen Belinda Kayser-Exheozonjoku van die DA se 60. Verskeie partye, insluitend ActionSA het Merero as kandidaat gesteun. Hy het voorheen in 2022 vir slegs 25 dae as burgemeester gedien. Morero is deur die President van die Streekhof, Modibedi Djaje ingesweer:
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, bevestig ondersoeke na die finansiers van die militêre opleidingskamp vir 95 Libiese burgers in Mpumalanga, duur voort. Hoewel aanklagte teen die Libiërs onder de Wet op Immigrasie teruggetrek is, benadruk Batohi dat die NVG, in samewerking met die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke vasbeslote is om diegene wat verantwoordelik was voor die hof te bring:
# Die Hooggeregshof in Pretoria het toestemming verleen dat die saak van die voormalige tesourier van die ANC in Limpopo, Danny Msiza, en die voormalige ANC-Jeugleier, Kabelo Matsepe, geskei word van die ander beskuldigdes in die VBS Mutual Bank-diefstalsaak. Die hof het egter hulle aansoek om die saak tydelik op te skort van die hand gewys. Die NVG het egter teleurstelling uitgespreek en is bekommerd oor die logistieke las om nou twee sake te hanteer. Msiza, Matsepe en elf ander staan tereg op aanklagte van onder andere diefstal, bedrog en geldwassery. Die saak is tot 9 September uitgestel.
# Krieket: Die kommissaris van die SA20-liga, Graeme Smith, is verheug oor die uitsonderlike talent wat hulle gelok het vir volgende jaar se derde seisoen. Dit volg op die bevestiging dat internasionale sterre soos Ben Stokes, Kane Williamson, Joe Root, Dinesh Karthik, Trent Boult, Jonny Bairstow, Devon Conway, Zak Crawley en Rashid Khan vroeg in Januarie Suid-Afrika toe kom. Smith sê die wêreldklas-krieket voor stampvol pawiljoene in die eerste twee seisoene het die kompetisie gevestig as een van die wêreld se Vlak Een-franchise-liga’s.
# En ten slotte: ‘n Oekraïnse leeu wat aan bomskok ly is op ‘n reis van meer as twee-duisend-200 kilometer per pad na die VK onderweg om ‘n nuwe lewe in ‘n toevlugsoord vir diere te begin. Yuna het sielkundige probleme en koördinasie-probleme na bomskerwe naby haar hok geval het. Sy en ‘n mannetjie-leeu, Rori, is die eerste van vyf leeus wat gered word. Yuna het aan wanvoeding gelei, met ernstige harsingskudding en is in ‘n hokkie van twee-by-vier-meter aangehou. Een van drie welpies wat later ook na die VK gebring gaan word is glo vir ses maande in ‘n woonstel aangehou.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….