Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Augustus 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die AA voorspel die vierde agtereenvolgende daling in brandstofpryse in September
# Giwusa sê die werkersklas se krisis verdiep steeds 12 jaar na die Marikana-slagting
# En, Kamala Harris span mode-ontwerpers in in haar verkiesingsveldtog
# Die Outomobiel-Assosiasie voorspel ‘n vierde agtereenvolgende daling in brandstofpryse volgende maand, gegrond op on-geouditeerde, middel van die maand-data deur die Sentrale Energiefonds. Die verwagte verlagings sluit in sowat 68-sent per liter vir 95-oktaan petrol, 63-sent vir 93-oktaan, 52-sent vir diesel en 78-sent vir lampolie. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê die verlagings kan toegeskryf word aan laer internasionale pryse en ‘n effens sterker rand:
# Die president van die vakbond Giwusa, Mametwe Sebei, sê 12 jaar na die Marikana-slagting, word die weerklank van die gebeure steeds gevoel. Daar is steeds nie geregtigheid vir die oorlewendes en gesinne van die slagoffers nie, en hulle is sonder enige vergoeding of betekenisvolle herstel van hulle verliese. Sebei sê die huidige sameloop van maatskaplike en ekonomiese werklikhede is ‘n wekroep:
# Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, en haar visepresidentskandidaat vir die verkiesing in November, Tim Walz, doen alles moontlik om kiesers te lok. Die Designers for Democracy-versameling bestaan uit nuwe, eksklusiewe handelsware ontwerp deur welbekende ontwerpers, insluitend Vera Wang, Tory Burch, Prabal Gurung en Thom Browne. Die klerereeks sluit in T-hemde, truie, serpe en sokkies met slagspreuke soos “Reproductive Rights Now”, “Vote Democracy” en “Harris 2024”. Die veldtog het reeds die steun gekry van Hollywood-sterre, soos George Clooney, Barbra Streisand en Jamie Lee Curtis.
# Sokker: Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê sy span sal selfs beter as verlede jaar moet wees as hulle die Premierliga wil wen. Die Gunners het die vorige seisoen op ‘n pynlike noot afgesluit toe Manchester City hulle op die laaste dag met net twee punte getroef het om die trofee te buit. Arsenal kom môre in hulle eerste Premierliga-wedstryd teen die Wolves te staan. Arteta sê sy spelers het die wil en geloof om sukses te behaal:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-92-sent teen die dollar, 19-rand-70-sent teen die euro en 23-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-412-dollar-68-sent. Die prys van goud is twee-duisend-465-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-76-sent per vat.
# En ten slotte: Die nuutgekroonde Mej Suid-Afrika, Mia le Roux, gebruik haar platform om inklusiwiteit te bevorder en diegene met gestremdhede te inspireer om groot te droom. Die 28-jarige is op eenjarige ouderdom met ernstige gehoorverlies gediagnoseer. Met Loslitdag in September, wat aangebied word deur die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede, het Le Roux ‘n meelewende boodskap op haar sosiale mediaplatform geplaas. Sy beklemtoon dat almal raakgesien en erken moet word en dat hul drome saak maak. Le Roux het onderneem om die gestremde gemeenskap te motiveer en op te hef.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….