Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# HySA Infrastructure se Sentrum van Uitnemendheid aan die Universiteit van Noordwes en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad werk saam om Suid-Afrika en Afrika na ‘n groen ekonomie oor te skakel. Hulle bevorder ontwikkelings in waterelektrolise vir waterstofproduksie en -berging. Professor Dmitri Bessarabov van HySA Infrastructure sê van die uitdagings wat hulle teëkom, is dat waterstof duur is om te vervaardig en te gebruik, asook die gebrek aan regulasies. Bessarabov sê hulle wil Suid-Afrika ʼn leier in die wêreldmark vir groen waterstof maak.
# Die Internasionale Tussen-regeringspaneel oor Klimaatsverandering vra vir benoemings vir die samestellers van 2027 se Metodologieverslag oor Opnames vir Kortstondige Klimaatsfaktore. Die verslag rugsteun hernude pogings om regerings beter toe te rus om hoë-gehalte vrystellings-data oor kortstondige klimaatfaktore te kan bepaal. Die medevoorsitter van die Taakmag oor Nasionale Kweekhuisgasopnames, Takeshi Enoki, sê dit is belangrik dat die samestellers verteenwoordigend is van uiteenlopende wetenskaplike, tegniese en maatskaplik-ekonomiese sienings en agtergronde:
# En die Stad Kaapstad se direktorate vir Energie, en Water en Sanitasie het ʼn hernubare-energieprojek van 990 kilowatt by die Kraaifonteinse watersuiweringsaanleg bekendgestel. Die projek sal na verwagting jaarliks 1,5 gigawatt lewer. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die projek is onderneem ter ondersteuning van die stad se toewyding om volhoubare energiebronne te gebruik om energie-doeltreffendheid te bevorder, en die gevolge van klimaatsverandering te bekamp:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….