Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Augustus 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa en sakeleiers smee ‘n sterker ekonomiese vennootskap
# Spanje ondersoek Katy Perry vir die verfilming van ‘n musiekvideo in ‘n ekologies sensitiewe duingebied
# En, tennis: Jannik Sinner skud kommer oor ‘n besering af voor die Cincinnati Ope
# President Cyril Ramaphosa het ‘n vennootskap met sakeleiers gesluit om ekonomiese groei en werkskepping aan te vuur. Dit sal oor die volgende 12 tot 18 maande hervormings in energie, vervoer, logistiek en misdaad versnel met sleutelprestasies insluitend verminderde beurtkrag en verbeterde energievermoë. Toekomstige voorkeure sluit in hervorming van die energiesektor, bevordering van vervoerlogistiek en om Suid-Afrika van die gryslys van die Finansiële Aksie-taakmag te kry. Die fokus verskuif nou na strukturele hervormings en teiken groei van drie- tot vyf-persent van die bruto binnelandse produk teen 2030.
# Die adjunk-minister van Finansies, David Masondo, waarsku hoë werkloosheidsyfers verhoed talle Suid-Afrikaners om af te tree. Masondo het op die Ou Mutual-leierskapforum in Johannesburg die behoefte aan sekerheid oor aftreespaargeld benadruk en ‘n beroep gedoen vir die hervorming van die aftreestelsel. Hy het ook gevra vir ‘n voortgesette dialoog en verbeterde aftree-uitkomste vir alle Suid-Afrikaners:
# Die EFF sê Suid-Afrika moet ontluikende én gevestigde bedrywe beskerm deur strategiese maatreëls, soos om tariewe te verhoog. Dit is nodig om te waak teen buitelandse mededinging en sal geteikende subsidies verskaf om swart entrepreneurskap te bevorder, veral onder vroue en die jeug. ‘n Woordvoerder van die EFF, Mbali Dlamini, sê die volgehoue geslagsongelykhede en werkloosheidskoerse ontbloot die mislukkings van beleid en stelsels wat veronderstel is om op te hef en gelyk te stel:
# Amptenare in Spanje ondersoek die sangeres Katy Perry vir die verfilming van ‘n musiekvideo in ‘n ekologies sensitiewe duingebied in die Beleariese Eilande sonder toestemming. Die video vir haar jongste enkelsnit, Lifetimes, toon die sangeres op die eilande Ibiza en Formentera. Tonele wat glo in die middel van die beskermde duine van die onbewoonde eiland S’Espalmador in Formentera verfilm is, het egter kommer gewek. Die duine in privaat besit is van groot omgewingswaarde.
# Tennis: Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, sê hy voel fisies goed en is opgewonde om met sy Cincinnati Ope-veldtog te begin. Die 22-jarige Italianer het gesukkel met ‘n besering wat hy in Mei in Madrid opgedoen het, en wat vererger is in sy kwarteindronde-nederlaag teen die Rus, Andrey Rublev, in Montreal. Sinner speel vandag in sy openingswedstryd teen die Amerikaner Alex Michelsen en sê hy sien uit om selfvertroue op te bou vir die Amerikaanse Ope, wat volgende Maandag begin:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-5-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-971-dollar-73-sent. Die prys van goud is twee-duisend-473-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….