Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Augustus 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Sakevertroue-aanwyser toon herstel nadat dit in Mei gewankel het
# Baleka Mbete kritiseer die ANC se vertoning na 30 jaar van demokrasie
# En, gemengde gevegskuns: Dricus du Plessis gaan Sondag Springbokkrag aan sy kant hê
# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, SACCI, sê die omvorming van die politieke omgewing word weerspieël in die sakeklimaat wat aanvanklik in Mei gewankel het, maar in Junie en Julie begin het om te herstel. SACCI se Sakevertroue-aanwyser het in Junie met 1,2 punte herstel en in Julie met 0,1 punte nadat dit in April met 5,8 punte gedaal het, en ‘n verdere 1,1 punte in Mei. Sakevertroue is positief beïnvloed deur ‘n styging in nuwe voertuigverkope en ‘n sterker en minder wisselvallige rand-wisselkoers.
# Die voormalige adjunk-president, Baleka Mbete, sê die ANC het die bal laat val in die 30 jaar van demokrasie. Sy het in ‘n onderhoud met die SABC voortgesette maatskaplike kwessies soos armoede en onvoldoende dienslewering beklemtoon. Mbete het ‘n gebrek aan strategiese gesprekke binne die party benadruk en is bekommerd oor die verswakking van grondwetlike strukture. Sy vra ‘n hernude fokus op leierskap:
# Die Save South Africa-burgerlike beweging het hom aangesluit by ander gemeenskapsforums en aktiviste in die land en doen ‘n beroep vir die massa-deportasie van Ethopiese burgers. Tebogo Mashilompane van die beweging sê Ethiopiese burgers ondermyn steeds Suid-Afrika se soewereiniteit. Hy doen ‘n beroep op die minister van Polisie, Senzo Mchunu, om op te tree teen amptenare wat korrupsie toelaat:
# Thailand se eerste minister, Srettha Thavisin, is verwyder na ‘n hofbeslissing dat hy die Grondwet oortree het. Dit het die koninkryk in verdere politieke onsekerheid gedompel. Die Konstitusionele Hof in Bangkok het beslis Srettha het etiese reëls oortree deur ‘n prokureur wat tronkstraf uitgedien het, in die kabinet aan te stel. ‘n Nuwe regering moet nou aangestel word en die regerende koalisie sal ‘n nuwe kandidaat aanwys waaroor die Parlement van 500-lede moet stem. Die uitspraak beteken nog drama te midde van die reeds onstuimige politieke landskap in Thailand.
# Gemengde gevegskuns: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, en die slot Eben Etzebeth gaan die UFC middelgewigkampioen, Dricus du Plessis, na die kryt vergesel wanneer hy Sondag in Perth teen Israel Adesanya te staan kom. Dit is Du Plessis se eerste titelgeveg sedert hy in Januariie die eerste Suid-Afrikaanse wêreldkampioen geword het toe hy Sean Strickland in Toronto geklop het. Die Bokke pak Australië Saterdag in die tweede ronde van die Rugby-kampioenskap. Du Plessis sê dit sal ongelooflik lekker wees om Kolisi en Etzebeth daar te hê.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-6-sent teen die dollar, 19-rand-91-sent teen die euro en 23-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-100-dollar-89-sent. Die prys van goud is twee-duisend-471-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….