Nuus 09:00
BULLETIN 14 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê die ANC se raswetgewing moet hersien word om werkloosheid hok te slaan
# RISE Mzansi sê die werkloosheidsyfer is ‘n tikkende tydbom
# En tennis: Taylor Fritz word in die eerste ronde van die Cincinnati Ope uitgeskakel
# Die Vryheidsfront Plus sê werkloosheid in Suid-Afrika sal in ‘n ramp eindig as die ANC nie ‘n einde bring aan sy diskriminerende wetgewing oor ras in die arbeidsektor nie. Die land se werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal van die jaar van 32,9-persent tot 33,5-persent in die tweede kwartaal gestyg. Heloïse Denner van die VF Plus sê hulle waarsku al jare lank dat wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie die ekonomie en die arbeidsektor sal vernietig:
RISE Mzansi sê ook Suid-Afrika se werkloosheidskoers is ‘n tikkende tydbom wat dringend aandag moet kry. Sowat 8,4-miljoen mense in die land is nou werkloos en meer as 75-persent van die mense is vir meer as ‘n jaar lank sonder werk. RISE Mzansi se woordvoerder, Gugu Ndima, sê die stabilisering en die ekonomie, asook die skepping van werkgeleenthede wat leefbare lone betaal, is van die belangrikste verantwoordelikhede van die sewende administrasie:
# Die voorsitter van ActionSA in Limpopo, Victor Mothemela gaan vandag saam met ‘n parlementslid Malebo Kobe, die VBS Mutual Bank se voorverhoor in die Hooggeregshof in Pretoria bywoon. Meer as 2,2-miljard-rand is van die nou ontbinde bank gebuit. Die bank se voormalige voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, wat tronkstraf uitdien, het ‘n pleitooreenkoms met die Nasionale Vervolgingsgesag aangegaan. Kobe sê hulle het lank reeds aangevoer dat korrupsie as vyand-nommer-een verklaar moet word:
# Sowat 300-duisend inwonende dokters by staatshospitale in Indië het landwyd begin staak en eis beter beskerming vir gesondheidswerkers. Dit volg nadat ‘n 31-jarige inwonende leerlingdokter in die oostelike Wes-Bengaalse staat verkrag en vermoor is. ʼn Verdagte is gearresteer. Die Federasie van die Vereniging van Inwonende Dokters sê hy het ʼn ondersoek na dokters se werksomstandighede aangevra en dat hierdie moord onafhanklik ondersoek word.
# Tennis: Die elfde gekeurde Taylor Fritz is in die eerste ronde van die Cincinnati Ope uitgeskakel. Die 23-jarige Brandon Nakashima van Amerika het sy landgenoot Fritz met 6-4, 4-6, 7-6 geklop. Nog ‘n Amerikaner, Frances Tiafoe, het sy plek in die tweede ronde verseker na hy Alejandro Davidovich Fokina met 6-3, 7-6 uitgeskakel het. In die vroue-afdeling het die Amerikaner Ashlyn Krueger die Olimpiese silwermedaljewenner Donna Vekic van Kroasië met 5-7, 7-6, 6-2 verslaan om na die tweede ronde deur te dring. Daar was ook oorwinnings vir Elina Svitolina van Oekraïne en Varvara Gracheva van Frankryk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-95-dollar-56-sent. Die prys van goud is twee-duisend-461-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-3-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….