Nuus 08:00
BULLETIN 14 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê die werkloosheidsyfers is ‘n oproep tot aksie
# Iran verwerp oproepe om nie teen Israel wraak te neem nie
# En, Olimpiese Spele: Sportbeamptes is onder druk nadat Nigerië geen medaljes in Parys gewen het nie
# Die DA in die regering van nasionale eenheid sê hy is daartoe verbind om oor die volgende vyf jaar werkloosheid te verminder en weer waardigheid te gee aan miljoene Suid-Afrikaners sonder werk of behoorlike inkomste. Die werkloosheidsyfer het vanjaar toegeneem van 32,9-persent in die eerste kwartaal tot 33,5-persent in die tweede kwartaal. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê hulle sal in die regering ernstig daaraan werk om dringend beleide te aanvaar en in te stel wat groei- en werksgeleenthede sal skep.
Die EFF sê intussen die land se werkloosheid-situasie word vererger deur die afgryslike DA-ANC-regering. Hy beskryf die DA se beleide as ekstraktief en uitbuitend. Die land se werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal vanjaar tot 33,5-persent gestyg. Mbali Dlamini van die EFF sê die DA het werksvisas se proses versnel wat goedkoop arbeid laat instroom. Hy sê die party het ook die Wet op Arbeidsverhoudinge gewysig wat volgens hom werkgewers toelaat om werkers uit te buit:
# City Power het toestemming gekry om te appelleer teen die Johannesburgse Hooggeregshof se uitspraak ten gunste van Eskom in ‘n saak oor rekeninge. Die Stad Johannesburg en City Power is in Junie beveel om aan Eskom agterstallige skuld van meer as ʼn miljard-rand plus rente te betaal vir grootmaat-elektrisiteitvoorsiening wat in Maart gelewer is. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê hulle appelleer omdat die hof belangrike aspekte van die bewyse nie ten volle oorweeg het voordat hulle ʼn beslissing bereik het nie:
# Iran sê Westerse lande se oproepe dat hy nie teen Israel optree nie, is oordrewe en in teenstelling met internasionale beginsels en reëls. Die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Duitsland se leiers het Maandag ʼn gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle ʼn dringende beroep op Iran en sy bondgenote doen om nie Israel aan te val en spanning in die streek te vererger nie. Iran en sy bondgenote blameer Israel vir die dood van die Hamas-leier, Ismail Haniyeh, verlede maand in Teheran. Hy sê optrede teen ʼn aggressor is enige land se reg.
# Olimpiese Spele: Nigerië kon geen medaljes by die Olimpiese verower nie en sportbeamptes is onder druk oor beskuldigings van onbevoegdheid en oproepe om hervorming. Kleiner lande op die vasteland het talle medaljes huis toe geneem maar die Reus van Afrika sit die eerste keer sedert die Spele in Londen in 2012 met leë hande. ‘n Dag nadat die Spele in Parys afgesluit is, het voormalige en huidige Olimpiërs skerp kritiek uitgespreek teenoor die land se sportfederasies en vra vir nuwe bedelings in organisasies wat volgens hulle sportlui in die steek gelaat het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-115-dollar-19-sent. Die prys van goud is twee-duisend-459-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-3-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….