Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Augustus 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# ‘n Moontlike La Niña-weerverskynsel kan ʼn nat vroegsomer oor groot dele van Suid-Afrika veroorsaak en bo-normale reënval word van Oktober tot Desember verwag. La Niña is ʼn klimaatsverskynsel wat ontstaan wanneer oppervlak-seewater aan die tropiese weskus van Suid-Amerika afkoel. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hoewel die grootste deel van die land meer reën kan verwag, sal Limpopo na verwagting relatief droog bly. Hy sê die minste reën landwyd word in September verwag.
Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê intussen die Wes-Kaapse koringoes lyk belower, ondanks swaar reën die afgelope tyd. Hy sê slegs sommige gebiede is te nat vir optimale groei. Dié provinsie lewer twee-derdes van Suid-Afrika se winterkoring. Sihlobo sê indien weerstoestande, veral in die Wes-Kaap, die res van die seisoen verbeter, en boere oes ʼn vyfjaar-gemiddeld van drie-duisend-en-78 ton per hektaar, sal die land se winterkoringoes 1,89-miljoen ton wees.
# En ten slotte: SANParke vier volgende maand die 19de jaarlike SA Nasionale Parke-week met gratis toegang tot die meeste van sy 21 nasionale parke. Die geleentheid begin op die agste in die Marakele Nasionale Park in Limpopo en strek tot die 14de en 15de by uitgesoekte parke. Die projek is daarop gemik om die natuurlike en kulturele erfenis van Suid-Afrika te bevorder en bewustheid van bewaring en volhoubare ontwikkelingspraktyke te ontwikkel. SANParke se woordvoerder, JP Louw, wys daarop die gratis toegang sluit nie verblyf of bykomende toeristebedrywighede in nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….