Nuus 09:00
BULLETIN 11 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vryemarkstigting sê die beste manier om gesondheidsorg te verskaf is om die Nasionale Gesondheidsversekering te vermy
# Minister Ntshavheni beloof groot waterheidsekerheidsprojekte sal die skaarste teenwerk
# En, krieket: Die Proteas het ‘n voorsprong van 154 teen die Windies in Trinidad
# Die Vryemarkstigting sê geen Nasionale Gesondheidversekering-stelsel in die wêreld het nog ooit voldoen aan die beloftes nie. Johan Biermann van die stigting sê alle NGV-modelle, wat dié insluit in ryk lande soos Brittanje en Kanada, sukkel eindeloos met stygende koste. Begrotingsprobleme beperk die aantal jaarlikse prosedures, en tekorte aan dokters en verpleegkundiges is algemeen. Biermann sê die uitstaande kenmerke van die skemas is dat duisende pasiënte maandelank wag vir roetine-sorg, en selfs jarelank vir spesialis-mediese behandeling.
# Die minister in die Presidensie Khumbudzo Ntshavheni het aangekondig groot watersekerheidsprojekte is aan die gang om waterskaarste teen te werk. Dit sluit in 14 nasionale infrastruktuurprojekte van meer as 100-miljard-rand, gemik op diversifisering en die ontwikkeling van alternatiewe waterbronne. Ntshavheni het aan die media gesê sleutel-inisiatiewe sluit in die verbetering van watertoevoer in Giyani, Limpopo, en Hammanskraal in Tshwane, die opknap van waterbehandelingsgeriewe en die aanspreek van rioolkwessies:
# Krieket: Suid-Afrika staan ‘n kans om vandag die eerste toets teen Wes-Indië in Port-of-Spain te wen, mits die weer saamspeel. Die Proteas het ‘n voorsprong van 154 lopies op die laaste dag, ná reën gister die eerste ses uur se spel ontwrig het. Toe hulle hervat het, het Suid-Afrika die gashere vir 233 uitgeboul om ‘n eerstebeurt voorsprong van 124 op te bou, en toe nog 30 lopies voor die einde van die dag se spel bygevoeg. Keshav Maharaj het sy vierde paaltjie ingeoes – dié van Joshua Da Silva – wat deur Tony de Zorzi uitgevang is vir slegs een lopie.
# Olimpiese Spele: RISE Mzansi vra die sewende administrasie moet klem lê op belegging in sport-ontwikkeling in die onderskeie kodes in skole en gemeenskappe, om eindelose geleenthede vir jongmense te ontsluit. Die woordvoerder van RISE Mzansi, Gugu Ndima, sê die ywer en energie van Span Suid-Afrika – in Parys – en hulle ses medaljes tot dusver – bevestig hoe belangrik die sportkodes is in ontwikkelingsfases by skole en sportklubs:
# En, die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, verteenwoordig president Cyril Ramaphosa vandag by die inhuldiging van die president van Rwanda, Paul Kagame, in Kigali. Die woordvoerder van die departement Litha Mpondwana sê Suid-Afrika en Rwanda speel nie net ‘n belangrike rol in streeks-integrasie nie, maar ook met die versterking van die Afrika-agenda en Suid-tot-Suid-samewerking:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….