Nuus 13:00
BULLETIN 10 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA skryf aan minister Tau oor voortgesette wanpraktyke by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde
# Olimpiese Spele: RISE Mzansi wens Span SA geluk met sy skitterende prestasie in Parys
# En, die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie hoop om omstredenheid agter te laat
#Die DA sê hy het aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, geskryf om hom te wys op die voortgesette wanpraktyke by die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde en om ‘n helpende hand uit te reik. ‘n Woordvoerder van die DA, Toby Chance, sê die SABS is ‘n uiters belangrike instelling in die departement, met sy mandaat om te verseker produkte wat in die land gekoop en verkoop word voldoen aan gehaltestandaarde en is internasionaal mededingend:
# British Airways het die skrapping aangekondig van sy vlugte tussen Londen en die Chinese hoofstad Beijing. Die redery sê dit geld van die einde van Oktober af vir minstens ‘n jaar. Die lugredery skryf die besluit toe aan swakker aanvraag, en ‘n verbod op Britse vlugte oor Russiese lugruim wat reise op sommige roetes langer maak. Passasiers wat reeds kaartjies gekoop het, sal geskakel word om herbesprekings of ‘n volle terugbetaling aan te bied. Vlugte na Shanghai en Hong Kong word nie geraak nie.
# Olimpiese Spele: RISE Mzansi sê hy sluit hom by alle Suid-Afrikaners aan om gelukwensinge oor te dra aan al die atlete, wie se uitstekende prestasie tot dusver vir die land vyf medaljes in Parys losgeslaan het. Die woordvoerder van RISE Mzansi, Gugu Ndima, sê die party loof die vier-maal-100-meter-aflosspan, verteenwoordig deur Bayanda Walaza, Bradley Nkoana, Shaun Maswangayi en Akani Simbine, wat met hulle skitterende prestasie Suid-Afrikaners uiters trots gemaak het deur ‘n silwermedalje in te palm:
# Tennis: Novak Djokovic het hom aan die Cincinnati Ope onttrek. Na hy die goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het, het die 24-malige Grand Slam-kampioen hom ook van die Kanadese Ope onttrek wat in Montreal aan die gang is. Dit beteken die Serwiër gaan na die Amerikaanse Ope aan die einde van die maand sonder enige voorbereidende toernooie. Djokovic het alles in Parys uitgehaal om goud te wen teen die 21-jarige Spaanse kampioen, Carlos Alcaraz en hy gee sy 37-jaar-oue liggaam soveel ruskans as wat hy kan.
# En, na dae van drama word Mejuffrou Suid-Afrika vanaand op ‘n glansgeleentheid by Time Square, Pretoria gekroon. Dit volg na die onttrekking van Chidimma Adetshina, wie se burgerskap bevraagteken is, na bewerings van identiteitsdiefstal waarby haar ma glo betrokke is. Die Puebla Internasionale Letterkunde-fees in Mexiko het intussen uitnodigings aan Suid-Afrikaanse skrywers teruggetrek. Die organiseerders sê die omstredenheid rondom die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie het groot ontsteltenis in die Afrika-gemeenskap ontlok. Die fees is gemik op kulturele uitruiling.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….