Nuus 08:00
BULLETIN 10 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Kubayi stuur ‘n noodbehuisingspan om slagoffers te help na Wes-Kaapse damme breek
# Somalië se kabinet keur een-persoon-een-stem-wetgewing goed
# En, krieket: Keshav Maharaj hou SA in spel in eerste toets teen Windies
# Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi het ‘n nood-behuisingspan na Malmesbury in die Wes-Kaap gestuur om dringend in te gryp en families te help wie se huise oorstroom het toe die walle van twee damme gebreek het. Die departement se woordvoerder, Hlengiwe Nhlabathi-Mokata, sê deurlopende evaluerings sal help om te besluit wat gedoen moet word – wat insluit herbouings, die verplasing van mense en herstelwerk:
# President Cyril Ramaphosa sê miljoene Suid-Afrikaanse vroue word elke maand met maatskaplike toelae ondersteun wat hulle in staat stel om na hulle families om te sien en hulle kinders te ondersteun. Ramaphosa het die Vrouedag-vieringe by die Dennis Nel-stadion in Pofadder, in die Noord-Kaap toegespreek. Suid-Afrika het een van die hoogste vroue-geletterdheidskoerse in die streek. Die president sê voorts daar is ‘n gelyke aantal meisies en seuns wat in laerskole opgeneem is:
Die regering het intussen ten sterkste die voortgesette dade van geweld teen vroue veroordeel wat steeds gemeenskappe in die land teister. Die woordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê die misbruik van bejaardes en die voortgesette plaag van geslagsgeweld en vrouemoord in Suid-Afrika sal nie geduld word nie. Met die herdenking van Vrouedag gister sê Mnukwa die regering sal steeds maatreëls instel en versterk om alle burgers te beskerm:
# Somalië se kabinet het wetgewing bekragtig wat vir die eerste keer in meer as ‘n halfeeu ‘n een-persoon-een-stemstelsel vir verkiesings in die geteisterde land in die Horing van Afrika sal toelaat. Die wet vervang ‘n ingewikkelde stamgebaseerde indirekte kiesstelsel wat sedert 1969 geld, toe die diktator Siad Barre die mag oorgeneem het. Die wetgewing moet egter nog deur die parlement goedgekeur word voordat dit amptelik bekragtig kan word deur president Hassan Sheikh Mohamud.
# En ten slotte, krieket: Wes-Indië het ‘n agterstand van 212 lopies aan die begin van die vierde dag van die eerste toets teen Suid-Afrika in Port-of-Spain, Trinidad. Keshav Maharaj het gister drie paaltjies in 28 boulbeurte ingeoes, om die gashere se telling tot 145 vir vier te beperk in antwoord op die Proteas se totaal van 357 in hulle eerste beurt. Die Wes-Indiese kaptein, Kraigg Brathwait, het met 35 lopies van 131 balle teruggeveg voor hy uitgehardloop is. Suid-Afrika het gister op 344 vir agt hervat en slegs 13 lopies by hulle oornagtelling gevoeg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….