Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# NotInMyName sê die EFF moet deurgaans sy posisie evalueer in koalisies in munisipaliteite
# Die Hooggeregshof stel die saak van 1,8-miljard-rand teen BOSASA en Korrektiewe Dienste uit tot Januarie 2025
# En, die Olimpiese Spele: Botswana kry die middag af ter viering van sy eerste Olimpiese goud
# NotInMyName International sê die EFF moet sy posisie in koalisieregerings in munisipaliteite deurgaans evalueer en besluit of die koalisiebestel dit werklik toelaat om ‘n rewolusionêre agenda te bevorder. NotInMyName-aktivis, Lesego Mahlangu, sê die moord op die EFF-raadslid in Johannesburg, Moshe Mphahlele, laat nie slegs vrae ontstaan oor die optrede van die polisie nie maar ook oor die inherente kompromieë indien ‘n rewolusionêre party soos die EFF koalisies aangaan wat sy vermoë in die wiele ry om ware institusionele transformasie te bereik:
#Die Hooggeregshof in Pretoria het die voorverhoorkonferensie oor die korrupsiesaak teen die voormalige kommissaris van Korrektiewe Dienste, Linda Mti, die voormalige Hoof- Finansiële Beampte van die departement, Patrick Gillingham, en die voormalige Hoof- Finansiële Beampte van BOSASA, Andries van Tonder, tot Januarie 2025 uitgestel. Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê daar word gewag op die uitkoms van hulle aansoek vir die vrystelling van hulle eiendom om aansoek te doen vir lewenskoste- en regsuitgawes. Die saak teen die voormalige Hoof Bedryfsbeampte van BOSASA, Angelo Agrizzi, begin ook op 28 Januarie.
#’n Twee-en-veertig-jarige Zimbabwiese burger is aangekeer in verband met die beweerde diefstal van ‘n voertuig ter waarde van vier-miljoen-rand. Die voertuig behoort aan ‘n Lid van die Parlement. Woordvoerder van die polisie, Malesela Ledwaba, sê die voertuig is gistermiddag in ‘n parkeerterrein by Menlyn Mall gesteel en sou na Zimbabwe gesmokkel word. Die verdagte is later die aand by Lebowakgomo buite Polokwane aangekeer:
# President Cyril Ramaphosa en die Angolese president, João Lourenço, het hulle verbind om saam te werk en ook met ander leiers in die streek, om te verseker die skietstilstand tussen Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda word permanent. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika en Angola is saam met ander lande ondertekenaars van die 2013 Raamwerk-ooreenkoms vir Vrede, Sekerheid en Samewerking in die DRK en die Streek. Volgens Magwenya sal Angola die implementering steeds monitor:
# Om af te sluit: Olimpiese Spele: President Mokgweetsi Masisi van Botswana het die land Vrydagmiddag afgegee om Letsile Tebogo se prestasie te vier. Tebogo is die land se eerste gouemedaljewenner en die eerste uit Afrika om Olimpiese kampioen oor 200-meter te word. Masisi loof die 21-jarige naelloper as ‘Botswana se Sensasie” na sy puik vertoning. Tebogo het die goue medalje in die 200 meter skouspelagtig ingepalm met die gunsteling Noah Lyles in die derde plek. Tebogo het sy ma se geboortedatum op sy spykerskoene en sê hy het haar saam met hom gedra, as ‘n huldeblyk na haar afsterwe in Mei.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….