Nuus 08:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement bevestig korrespondensie van die MK-party oor die besluit om Parlementslede te verwyder
# ‘n Nasionale dialoog word saamgeroep na aanbevelings deur veterane
# En, die Olimpiese Spele: Goud in die 200 meter vir mans-naelloop behoort nou aan Letsile Tebogo
# Die Parlement het bevestig dat hy korrespondensie van die MK-party ontvang het waarin die Speaker van die Nasionale Vergadering oor die party se besluit ingelig is om verskeie van sy openbare verteenwoordigers uit die Nasionale Vergadering te verwyder. Die woordvoerder van die Parlement, Moloto Mothapo, sê volgens die grondwet verloor ‘n persoon lidmaatskap van die Nasionale Vergadering indien hulle nie meer ‘n lid is van die party wat hulle tot die Vergadering benoem het nie:
# ‘n Nasionale dialoog sal saamgeroep word na die lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Dit volg op aanbevelings van getroue ondersteuners , onder wie oudpresident Thabo Mbeki. Die dialoog wil werkloosheid, ongelykheid en armoede aanspreek en demokrasie en sosiale samebinding versterk. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het op ‘n nuuskonferensie gesê die Presidensie sal die inisiatief lei, met planne om inklusiewe deelname te verseker:
# Regte-groepe is ontsteld oor ‘n wetsontwerp wat ingedien is in die parlement in Irak wat hulle vrees vroureregte kan omkeer en minderjarige huwelike in die diep-patriargale samelewing kan laat toeneem. Die wetsontwerp sal burgers toelaat om te kies tussen godsdienstige owerhede of die burgerlike regbank om uitspraak te lewer oor gesinsake. Kritici vrees dit sal lei tot die skrapping van regte in erf-sake, egskeidings en kindertoesig. Hulle is veral bekommerd dit sal in werklikheid ontslae raak van die minimum ouderdom waarop Moslemmeisies mag trou. Dit is in die Wet op Persoonlike Status van 1959 bepaal as 18.
# Olimpiese Spele: Letsile Tebogo van Botswana het die eerste man in die geskiedenis van Afrika geword wat dit kon regkry om die 200 meter-naelloop by die Spele in te palm. Hy het gisteraand die flambojante Amerikaner Noah Lyles se drome vir ‘n tweede Olimpiese goud verpletter. Tebogo het klaargemaak in ‘n Afrika rekordtyd van 19,46-sekondes. Die silwer is gewen deur die Amerikaner Kenny Bednarek in ‘n tyd van 19,62-sekondes terwyl Lyles tevrede moes wees met brons in 19,70-seondes. Lyles het vroeër die week positief getoets vir Covid-19 en het voor die wedloop met ‘n masker opgewarm.
# En ten slotte: President Cyril Ramaphosa woon vandag amptelik die Nasionale Vrouedagherdenking by die Denis Nel-stadion in Pofadder in die Noord-Kaap by. Die geleentheid vier 30 jaar van vryheid met die tema: Celebrating 30 Years of Freedom Towards Women’s Development. Dit herdenk ook die 20-duisend vroue wat 68 jaar gelede opgeruk het teen die paswette. Ramaphosa sal ‘n regeringsdienste-uitstalling besigtig asook ‘n handels-ekspo wat deur vroue gelei word, voor hy die land toespreek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….