Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Polisie belê ‘n dringende vergadering met die Grensbestuursowerheid oor grenssekerheidskwessies
# Kamala Harris kondig haar verkiesingsmaat vir November aan
# En, Olimpiese Spele: Die Suid-Afrikaanse naelloper Benjamin Richardson onttrek weens ‘n besering
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu het ‘n dringende vergadering aangekondig met die Grensbestuursowerheid oor dwingende grenssekerheidskwessies. Die vergadering wil uitdagings pak oor onwettige oorstekings en grensbeheermaatreëls verbeter. Mchunu het die media toegespreek op die laaste dag van die ANC se nasionale uitvoerende komitee-lekgotla in Boksburg en gesê verbeterde koördinasie en doeltreffende strategieë is nodig om nasionale sekerheid te versterk en grenskwessies meer doeltreffend te bestuur:
Die Suid-Afrikaanse Agri-inisiatief sê intussen volgens kommunikasie van die polisie het hulle geen beleid of riglyne met betrekking tot die bekamping van onwettige betreding nie. Saai oefen sedert Februarie druk uit op die polisie om inligting en statistiek oor betreding te verskaf. Uitvoerende hoof Francois Rossouw sê die bestuur sal nou ‘n vergadering met minister Mchunu aanvra om moontlike oplossings te bespreek aangesien geen beleid bestaan nie:
# Die mynwerkersvakbond NUM sê Eskom se werkers is die grootste bydraers tot die kragnutsmaatskappy se energie-beskikbaarheidsfaktor van 70-persent, nie die bestuur nie. Thapelo Malekutu van die NUM sê die unie erken ook die ingryping en die toewyding van die minister van Elektrisiteit, Kgosientso Ramakgopa. Malekutu sê die werkersklas het sulke leiers in dié moeilike tye nodig:
# Die Amerikaanse media berig visepresident Kamala Harris het die 60-jarige goewerneur van Minnesota, Tim Walz, gekies as haar maat in November se verkiesing teen oudpresident Donald Trump, wat die Republikeinse kandidaat is. Die keuse rond die Demokraat van die Midweste se kort maar vinnige vordering van ‘n relatief onbekende tot ‘n leidende aanvuurder van die party se aanvalle op Trump af. Harris en Walz tree later vandag in Philadelphia op tydens hulle eerste gesamentlike byeenkoms voor hulle dié week ander deurslaggewende state besoek.
# Olimpiese Spele: Span Suid-Afrika het bevestig die naelloper Benjamin Richardson is uit die Spele weens ‘n beenbesering wat hy opgedoen het in die mans-200-meterwedren. Richardson was deel van die mans-vier-maal-100-meter-aflosspan. Die reserwes Bayanda Walaza, Bradley Nkoana en Sinesipho Dambile, of die verspringer Cheswill Johnson sal dalk sy plek inneem. Richardson se afwesigheid in die tweede skof is ‘n reuse-terugslag vir Suid-Afrika. Hy het vroeër vanjaar in Switserland 9,86-sekondes aangeteken en die tweede vinnigste Suid-Afrikaner van alle tye geword.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-49-sent teen die dollar, 20-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-217-dollar-99-sent. Die prys van goud is twee-duisend-396-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-64-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….