Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is………
In die bulletin:
# Die Tesourie stel belastinghervormings voor in ooreenstemming met onlangse hofuitsprake
# Die DA vra ‘n parlementêre debat oor stygende elektrisiteitspryse
# En, rugby: Joe Schmidt sê hy ken die Springbokke beter as sy eie Wallabies
# Die Nasionale Tesourie stel groot belastinghervormings voor om ooreen te stem met onlangse hofuitsprake, en om belasting-ontduiking te voorkom. Sleutelveranderings sluit in maatreëls teen uitbuitende aansporingskemas vir indiensnemingsbelasting, met ‘n 100-persent boete van Maart volgende jaar vir eise wat misbruik word. Hervormings hanteer ook vertroulikheid vir belastingbetalers na die Arena Holdings-saak om te voldoen aan die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Daarby sal verteenwoordiging deur leke in belastinghowe toegelaat word na die saak van Candice van der Merwe, wat die regstelsel meer toeganklik en bekostigbaar maak vir belastingbetalers.
# Die DA versoek die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, om ‘n parlementêre debat te hou oor die stygende prys van elektrisiteit. Die party se woordvoerder oor Elektrisiteit en Energie, Kevin Mileham, sê as NERSA Eskom se beplande aansoek van ‘n tariefverhoging van 36,15-persent in 2025 toestaan, sal energie-armoede vererger. Hy wys daarop elektrisiteitstariewe het sedert 2007 met 450-persent gestyg:
# Aandelemarkte kry swaar nadat swak Amerikaanse indiensnemingsyfers vrese aangeblaas het van ‘n ressessie in die wêreld se grootste ekonomie en verwagtinge oor ‘n rentekoersverlaging deur die Federale Reserwebank laat opvlam het. Die Amerikaanse ekonomie het verlede maand net 114-duisend werksgeleenthede bygevoeg, terwyl die werkloosheidskoers tot sy hoogste vlak sedert Oktober 2021 opgeskiet het. Trae fabrieksdata het ook kommer aangewakker dat rentekoerse te lank hoog gehou is. Dit lei tot bespiegeling dat die ekonomie kan afstuur op ‘n harde landing en kan oorhel in ‘n resessie.
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie oorweeg ‘n kennerskomitee om te bepaal of die toename in gevalle van a-pokke in Afrika tot ‘n internasionale noodtoestand verklaar moet word. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, het die plan aangekondig na ‘n vlaag gevalle in die Demokratiese Republiek die Kongo en nabygeleë lande. Suid-Afrika het ook nog twee gevalle in Gauteng en KwaZulu-Natal bevestig, wat die totaal te staan bring op 24 gevalle en drie sterftes. Die organisasie soek meer fondse en steun vir omvattende reaksie, wat toesighouding en die ontplooiing van entstowwe insluit.
# Rugby: Die nuwe afrigter van die Wallabies, Joe Schmidt, sê hy ken die Springbokke beter as sy eie spelers. Die twee spanne meet Saterdag kragte in die openingswedstryd van die Rugbykampioenskap. Schmidt het Ierland vroeër ses jaar lank afgerig en was daarna hulpafrigter van die All Blacks en is dus goed bekend met die Bokke en breier Rassie Erasmus. Die Wallabies het onder Schmidt begin met twee oorwinnings oor Wallis en een oor Georgiё, maar hy sê Suid-Afrika sal ‘n groot uitdaging wees:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-60-sent teen die dollar, 20-rand-41-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 49-duisend-923-dollar-25-sent. Die prys van goud is twee-duisend-392-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….