Nuus 11:00
BULLETIN 4 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# David Makhura sê die ANC moet hernu of sterf
# Thabo Bester se prokureur gaan sy tronkomstandighede in die hof uitdaag
# En Olimpiese Spele: Alfred van St Lucia wen vroue-100-meter goud
# Die hoof van die ANC se politieke skool, David Makhura, noem die party se onvermoë om sy meerderheid te behou in die verkiesing in Mei ‘n strategiese terugslag, wat hernuwing ‘n verpligte prioriteit maak vir oorlewing. Makhura het gepraat aan die einde van die vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee in Boksburg en gesê die regering van nasionale eenheid onder president Cyril Ramaphosa is noodsaaklik vir die party om die mag te behou en sy manifes in te stel:
# Die regsverteenwoordiger van die veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter, Thabo Bester, gaan die Departement van Korrektiewe Dienste uitdaag oor sy behandeling in die tronk. Bester beweer sy regte word aangetas weens ‘n gebrek aan privaat samesprekings met sy prokureur en omdat hy in eensame aanhouding is. Sy prokureur Dinana Reid het aan eNCA gesê Bester se reg op ‘n regverdige verhoor word in gevaar gestel:
# Ryk Suid-Afrikaners het te doen met hoogste skuldvlakke van gemiddeld 21-duisend-700-rand maandeliks op huisverbande en voertuiglenings. Die verbruikersanalise en -navorsingsmaatskappy Eighty20 sê die swaargewigte, met inkomste van tussen 30-duisend- en meer as 120-duisend-rand, sit met meer as 30-persent van alle huisverbande en voertuigfinansieringslenings, al verteenwoordig dit net 20-persent van die leningswaarde. Die navorsing dui aan stygende rentekoerse en inflasie maak die finansiële las erger. Finansiële kundiges raai mense aan om hulle skuld te verminder as die skuld-tot-inkomsteverhouding 43-persent oorskry.
# Die weermag van Oekraïne beweer ‘n Russiese duikboot is in die Krim gekelder. Die Ministerie van Verdediging in Kiëf sê die duikboot is gekelder in die Russies-beheerde Sevastopol, die grootste stad in die Krim. Ure later het Oekraïne ‘n vlaag hommeltuigaanvalle afgevuur. Rusland se Ministerie van Verdediging sê 75 Oekraïnse hommeltuie is onderskep en verwoes. Die hommeltuigaanvalle is die jongste gebruik van wapens teen teikens in Rusland. Oekraïne is in Junie deels toestemming gegee deur die Weste om wapens oor die grens heen te gebruik.
# En ten slotte, Olimpiese Spele: Julien Alfred van St Lucia het met die gunsteling Sha’Carri Richardson afgereken en die vroue-100-meter-gouemedalje gister gewen. Alfred, wat nog nooit op die podium was op ‘n groot buitelugkampioenskap voor gister se eindstryd nie, het ‘n perfekte wedloop in 10,72-sekondes gewen. Die Amerikaner moes tevrede wees met silwer in 10,87, en haar landgenoot Melissa Jefferson het brons gekry in 10,92. Alfred se goud gee St Lucia sy eerste medalje ooit op ‘n Spele. Die eilandnasie het in 1996 eers aan die geleentheid begin deelneem.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….