Nuus 09:00
BULLETIN 4 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Makhura sê die ANC moet hernu of sterf
# Ramaphosa herbevestig toewyding aan die verstewiging van bande met China
# En, die Britse eerste minister steun die polisie om strate veilig te hou na geweldadige botsings
# Die hoof van die ANC se politieke skool, David Makhura, noem die party se onvermoë om sy meerderheid te behou in die verkiesing in Mei ‘n strategiese terugslag, wat hernuwing ‘n verpligte prioriteit maak vir oorlewing. Makhura het gepraat aan die einde van die vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee in Boksburg en gesê die regering van nasionale eenheid onder president Cyril Ramaphosa is noodsaaklik vir die party om die mag te behou en sy manifes in te stel:
# President Cyril Ramaphosa het sy steun herbevestig vir die verstewiging van betrekkinge met China onder die nuwe regering van nasionale eenheid. China het Suid-Afrika se grootste vennoot geword op die ekonomiese en politieke front. Tydens ‘n vergadering met ‘n hoëvlakafvaardiging van die Kommunistiese Party van China in Kaapstad het ‘n beampte van die party Liu Jianchao vertroue uitgespreek in die regering van nasionale eenheid, en China se planne uiteengesit vir modernisering in Afrika. Liu beklemtoon die vennootskap sal tot beide lande se voordeel wees en loof Ramaphosa se toewyding aan die versterking van bilaterale bande.
# Die hoëkommissaris van Kenia in Suid-Afrika, Jane Ndurumo, is optimisties handel en ‘n nuwe visumregime sal die ekonomiese bande tussen Suid-Afrika en Kenia verstewig. Sy sê die ooreenkoms wat Keniane vrystel van visums om na Suid-Afrika te reis, het reeds ‘n positiewe uitwerking gehad op toerisme en ander sektore in albei lande:
# Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die polisie het die regering se volle steun om alles wat nodig is te doen om die strate veilig te hou. Geweldadige betogings het regoor die Verenigde Koninkryk uitgebreek na die dodelike mesaanvalle op drie meisies in Southport. ‘n Woordvoerder van Downing Street sê leiers het vergader om die onrus te bespreek. Starmer sê beamptes het die regering se steun om op te tree teen ekstremiste wat die polisie aanval, plaaslike besighede ontwrig en haat probeer saai deur gemeenskappe te intimideer.
# En ten slotte, nuus van die Olimpiese Spele: Een van die boksers gewikkel in ‘n gender-onenigheid in Parys het seker gemaak van ‘n medale by die Spele. Die deelname van Imane Khelif van Algerië en Lin Yu-ting van Taiwan het vrae laat ontstaan omdat die Internasionale Boksvereniging Khelif en nog ‘n deelnemer verlede jaar verbied het om aan die Wêreldkampioenskappe deel te neem omdat hulle nie voldoen het aan geslagstoelaatbaarheidskriteria nie. Die hoof van die vereniging Umar Kremlev het aan Sky News gesê die situasie is waarlik skrikwekkend. Hy het ook die IOK aangeval en beweer hulle vernietig vrouesport.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….