Nuus 13:00
BULLETIN 3 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Misdaadvoorkomingspitsberaad onthul swartmans pleeg die meeste misdade
# Minister Malatsi ondersoek griewe na die aflegging van Poskantoorwerkers
# Basketbal: Die Suid-Afrikaanse mans-onder-23-rolstoelspan verteenwoordig die land dié naweek in Libië
# Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal Nhlanhla Mkhwanazi sê ‘n onlangse verslag dui aan swartmans pleeg die meeste misdade in Suid-Afrika. Mkhwanazi het op die provinsiale misdaadvoorkomingspitsberaad gesê daar is oorlog tussen die polisie en misdadigers en die polisie moet ruimte gegee word vir die stryd teen misdaad. Hy beklemtoon ‘n gesamentlike poging is nodig om veiligheid in KwaZulu-Natal te herstel:
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie Solly Malatsi het onderneem om ondersoek in te stel na die kwessies van Poskantoorwerkers wat afgelê is. Werkers sê hulle sukkel met WVF- en pensioenvoordele weens onvolledige dokumente en probleme met uitbetalings. Die minister sê hy beplan om met die sakereddingspraktisyns te vergader om die kwessies op te los en kommunikasie te verbeter:
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie is teleurgesteld oor die kwytskelding van twaalf leerders van die Pretoria High School for Girls, wat onskuldig bevind is aan wangedrag. Die leerders het met tugstappe te doen gekry omdat hulle na bewering deel was van ‘n WhatsApp-groep waarin opmerkings gemaak is oor die ras van swart leerders. Die skool sê in ‘n verklaring die prefekte se opgeskorte voordele is ook heringestel. Die hoof van die skool is geskors oor die omstredenheid.
# Basketbal: Die Suid-Afrikaanse mans-onder-23-rolstoelspan neem die naweek deel aan ‘n toernooi in Libië, in die hoop om die kwalifiserende toernooi te bereik vir volgende jaar se Wêreldkampioenskap in die ouderdomsgroep. Die span, bekend as die Amawheelaboys, is die heersende Afrika-kampioen. Die Afrika Noordstreek-toernooi vir rolstoelbasketbal word in Tripoli gehou. Die kwalifiserende toernooi vir die Wêreldkampioenskap word in Januarie volgende jaar gespeel in die Egiptiese hoofstad Kaïro.
# En, Aerosmith sê Steven Tyler se stem is permanent beskadig deur verlede jaar se stembandbesering en die groep sal nie meer toer nie. Die ikoniese groep, met treffers soos Love in an Elevator en Livin’ on the Edge het die kansellering aangekondig van die oorblywende datums. Tyler sê hy het sy stembande tydens ‘n optrede in September beskadig. Sy indrukwekkende sang is vandat Aerosmith in 1970 gestig is, die stukrag agter die groep. Hulle is in die Rock & Roll Hall of Fame opgeneem en het vier keer ‘n Grammy gewen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….