Nuus 09:00
BULLETIN 3 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Maatskaplike Ontwikkeling bevorder kinderbeskerming met verbeterde stelsels
# Binnelandse Sake stel ‘n beleid van geen-verdraagsaamheid in na korrupsieveroordelings
# En, Olimpiese Spele: Paolini en Errani verseker Italië se eerste tennis-medalje in 100 jaar
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het kinderbeskerming verbeter deur nuwe stelsels deur die geïntegreerde regstelsel in plek te bring. Sleutelopdaterings sluit in kennisgewing in reële tyd oor kinders wat in hegtenis geneem is en ‘n verbeterde kinderbeskermingsregister vir die uitkenning van onvanpaste indiwidue. Lumka Oliphant van die departement sê sleutelverbeterings sluit in die nasionale maatskaplike beskermingsinligtingstelsel, wat data integreer in verskillende sektore om armoede en ongelykheid te hanteer:
# Die Departement van Binnelandse Sake het nou ‘n beleid van geen-verdraagsaamheid teen korrupsie. Dit volg na ‘n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf van die voormalige amptenaar, Judy Zuma, deur die Handelsmisdaadhof in Durban. Zuma is skuldig aan betrokkenheid by ‘n sindikaat wat bedrieglik paspoorte aan ongekwalifiseerde buitelandse burgers uitgereik het. Minister Leon Schreiber sê die skuldigbevinding is ‘n belangrike stap teen korrupsie. Schreiber het ook verbeterde veiligheidsmaatreëls vir reisdokumente bekendgemaak om toekomstige bedrog te voorkom:
# Die tussentydse uitvoerende hoof van die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika, Segomoco Scheppers, het bevestig die entiteit dien ‘n afsonderlike inkomste-aansoek by Nersa in, om nuwe netwerkinfrastruktuur te befonds. Scheppers het gepraat op ‘n geleentheid van die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kragvoorsienersverenging en beklemtoon ‘n vaste finansiële grondslag is nodig, met inagneming van Eskom onderbefondsing in die verlede. Hy sê die doel is om toegewyde inkomste te bekom, bestaande netwerkbates te beskerm en die ontwikkeling van nuwe transmissiedeurgange te versnel om te voldoen aan toekomstige energie-aanvraag.
# Olimpiese Spele: Jasmine Paolini en Sara Errani het seker gemaak van Italië se eerste tennis-medalje in 100 jaar toe hulle die eindstryd van die vroue-dubbelspel in Parys gehaal het. Hulle het die Tsjegge Karolina Muchova en Linda Noskova in die halfeindronde verslaan. Paolini het vanjaar internasionaal naam gemaak toe sy die eindstryd van die Franse Ope en ook Wimbledon gehaal het. Sy en die 37-jarige Errani het vroeër die Italiaanse Ope gewen. Hulle speel in Sondag se eindstryd teen Mirra Andreeva and Diana Shnaider.
# En, Justin Timberlake se bestuurlisensie is herroep nadat hy virtueel in ‘n verhoor in New York verskyn het oor dronkbestuur. Die 43-jarige sanger toer tans deur Europa en het op ‘n video-verbinding uit België verskyn. Hy het onskuldig gepleit op bestuur onder die invloed. Timberlake is vroeg die oggend van 18 Junie in hegtenis geneem nadat die polisie gesê het hy het nie by ‘n stopteken stilgehou nie en kon nie in sy laan bly terwyl hy bestuur het nie. Volgens hofdokumente het hy swak gevaar in al die standaard soberheidstoetse. Timberlake ontken al die aantygings heftig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….