Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Departement van Water en Sanitasie sê die regering fokus op belegging in bykomende infrastruktuur vir nasionale waterhulpbronne. Hulle skep ook bewustheid om water spaarsaam te gebruik, en verbeter munisipale water- en sanitasiedienste. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle maak goeie vordering om oponthoude te verwyder en infrastruktuur-projekte te bespoedig:
# Werk met Vuur ontplooi môre meer as 200 brandbestryders na Kanada om te help om Vlak 5-wegholbrande in Alberta onder beheer te kry. Dit is Suid-Afrika se sesde ontplooiing om die land by te staan. Klimaatsverandering het hittegolwe vermoedelik erger gemaak, met byna drie-duisend-600 brande wat reeds vanjaar oor 2,2-miljoen hektaar gewoed het. Die wegholbrande, wat tans 12-kilometer van die dorpsgebied van die Jasper Nasionale Park woed, het 25-duisend mense gedwing om te ontruim en kampeerbedrywighede is gekanselleer tot 6 Augustus.
# En ‘n Kaapstadse maatskappy, Fortixs X, bied ‘n oplossing vir Suid-Afrika se afvalkrisis met Afrika se eerste bio-afbreekbare en herwinbare verpakkingsmateriaal wat net van plante gemaak word. Suid-Afrika produseer jaarliks ‘n geraamde 122-miljoen ton afval, maar slegs tien-persent word herwin, terwyl die res op afvalhope beland. Fortis X se direkteur, Nicholas de Beer, sê die bio-afbreekbare bottels dra nie net by tot die vermindering van plastiekafval nie, maar help ook met waterbesparing en plastiekbesoedeling in die oseane en damme.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….