Nuus 08:00
BULLETIN 24 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Opposisiepartye is bekommerd oor die gebrek aan parlementêre toesig oor die Presidensie
# Minstens 229 mense is dood in Ethiopiese grondstortings
# En gholf: Die Suid-Afrikaanse Olimpiese duo verbind hulle tot die Nedbank-uitdaagtoernooi
# Opposisiepartye bevraagteken die gebrek aan parlementêre oorsig van die Presidensie. Daar is nie ‘n parlementêre oorsigkomitee vir die Presidensie nie wat insluit Intelligensie, die Nasionale Veiligheidsraad, die Nasionale Energiekrisiskomitee en die strukturele hervormingseenheid, Operasie Vulindlela. Die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe sê die regering van nasionale eenheid gee die president magte om eensydig op te tree wanneer dit kom by staatsinstellings wat die Parlement systap:
# Die EFF-leier Julius Malema vra president Cyril Ramaphosa om die Polisie-ministerie en die Departement van Water en Sanitasie na die president se kantoor te verskuif. Die president het gister sy kantoor se begroting van 612-miljoen-rand in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Malema sê in reaksie op die begroting Suid-Afrika het nie ‘n intelligensieprobleem nie, maar ʼn water- en misdaadkrisis:
# Drie gesoekte verdagtes is gisteraand in Inanda, KwaZulu-Natal, in ʼn skietgeveg met die polisie dood. ʼn Vierde verdagte het van die toneel gevlug. Die verdagtes is gesoek vir ʼn reeks moorde, onder andere dié van ʼn polisiesersant wat verlede jaar vermoor is. Die voorval volg minder as ʼn week nadat vier ander verdagtes in ʼn skietvoorval met die polisie in Sydenham, Durban, dood is. Die provinsiale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê hulle soek die vierde verdagte:
# Owerhede in Ethiopië soek na oorlewendes ná twee grondstortings wat Sondag en Maandag plaasgevind het. Tot dusver is 229 slagoffers, insluitend kinders gevind en owerhede sê die dodetal kan verder styg. Swaar reën het die eerste grondstorting in ʼn afgeleë, bergagtige deel van die Gofa-sone veroorsaak, en die tweede een het mense begrawe terwyl hulle probeer help het. Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, sê die federale rampvoorkomingtaakspan is in die gebied ontplooi en probeer die impak van die ramp bekamp.
# Gholf: Christiaan Bezuidenhout en Erik van Rooyen, wat Suid-Afrika verteenwoordig by die Olimpiese Spele in Parys, het beide onderneem om in November te speel in die Nedbank-uitdaagtoernooi by die Gary Player-buiteklub by Sun City in Noord-Wes. Dit sal albei spelers se derde verskyning by die toernooi wees, wat bekendstaan as Afrika se Major. Die toernooi het sedert 2017, toe Branden Grace gewen het, nog nie weer ‘n plaaslike kampioen opgelewer nie. Die 66 spelers in vanjaar se toernooi deel prysgeld van 110-miljoen-rand.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-96-sent teen die euro en 23-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-960-dollar-74-sent. Die prys van goud is twee-duisend-416-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….