Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa beloof om voort te bou op die sesde administrasie se vordering
# Regter Makhubele se regspan betwis aansprake deur Unite Behind voor die Regterlike Gedragstribunaal
# En, rugby: Ben Youngs is so reg soos ‘n roer na hartchirurgie
# President Cyril Ramaphosa sê die regering sal voortbou op die vordering wat die sesde administrasie gemaak het. Hy het in sy begrotingsrede van die Presidensie die bydraes uitgelig van die Presidensie se Ekonomiese Raadgewende Raad, die Raad op Staatsondernemings en die Klimaatskommissie. Ramaphosa het ook die Nasionale Teen-korrupsie Raadgewende Raad en die Presidensiële Werksgroep oor Gestremdheid gelukgewens met hulle vordering ten opsigte van maatskaplike en ekonomiese verandering:
# Die regspan van die geskorste regter van die Gautengse Hooggeregshof, Tintswalo Makhubele, voer voor die Regterlike Gedragstribunaal aan Unite Behind het onvoldoende bewyse vir sy bewering. Unite Behind beskuldig Makhubele van wangedrag omdat sy regter sowel as waarnemende voorsitter van PRASA was en moontlik in ‘n staat van beskuldiging gestel kan word. Haar regsverteenwoordiger, Thabani Masuku, sê daar is geen bewyse nie en vra onpartydige getuienisleiers:
# Minderheidsaandeelhouers van die onaktiewe VBS Mutual Bank vra dit moet herleef. Woordvoerder Robert Livhoyi sê daar is vyf jaar na likwidasie steeds onopgeloste finansiële verliese. Duisende mense, insluitende deponeerders en munisipaliteite, het miljoene verloor toe die bank in 2016 insolvent geraak het. Livhoyi beweer die regering het misluk om die bank se ineenstorting te voorkom:
# RISE Mzansi prys die onlangse dwelmvonds van twee-miljard-rand in Groblersdal, Limpopo, en sê dit lig die doeltreffende polisiewerk in die stryd teen dwelmhandel uit. Dit volg op nog twee aansienlike vondste in Stilbaai in die Wes-Kaap en op die OR Tambo-internasionale lughawe. Die party wens die SAPD geluk met hulle intelligensiewerk en toewyding, en vra ‘n toenemende fokus op dwelmbestryding en misdaadvoorkoming. Woordvoerder Gugu Ndima sê hulle staan die heraanwending voor van die begroting van vier-miljard-rand vir BBP-beskerming om misdaadintelligensie en wetstoepassing te verbeter.
# Rugby: Engeland se mees ervare toetsspeler, Ben Youngs, hoop om fiks te wees wanneer die nuwe Premierskapseisoen in September afskop. Dit volg nadat hy onthul het hy moes ‘n hartoperasie ondergaan nadat hy tydens ‘n oefening vir Leicester Tigers inmekaargesak het. Die 34-jarige skrumskakel sê hy het vroeër sulke episodes gehad, maar is eers later met onreëlmatige hartklop gediagnoseer. Youngs sê hy sterk goed aan na die operasie, wat ‘n 90-persent sukseskoers het. Die veteraan van 127 toetse het na verlede jaar se Wêreldbekertoernooi uit internasionale rugby getree.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 23-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-585-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-402-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….