Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa beloof om voort te bou op die sesde administrasie se vordering
# Oudminister Zizi Kodwa se korrupsiesaak word uitgestel tot 21 Augustus
# En, tennis: Andy Murray sal na die Olimpiese Spele uittree
# President Cyril Ramaphosa sê die regering sal voortbou op die vordering wat die sesde administrasie gemaak het. Hy het in sy begrotingsrede van die Presidensie die bydraes uitgelig van die Presidensie se Ekonomiese Raadgewende Raad, die Raad op Staatsondernemings en die Klimaatskommissie. Ramaphosa het ook die Nasionale Teen-korrupsie Adviserende Raad en die Presidensiële Werksgroep oor Gestremdheid gelukgewens met hulle vordering ten opsigte van maatskaplike en ekonomiese verandering:
# Die korrupsiesaak van die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, is in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Palm Ridge, Gauteng, tot 21 Augustus uitgestel. Kodwa, wat na sy inhegtenisneming bedank het, staan tereg oor bewerings van omkoopgeld ter waarde van 1,6-miljoen-rand, na bevindings in die verslag oor staatskaping. Sy prokureur, Zola Majola, hou vol die staat moet al die aanklagte bo redelike twyfel bewys:
# Al Jama-ah sê die burgemeester van die Stad Johannesburg, Kabelo Gwamanda, sal nie bedank nie, al neem beroepe daarvoor deur die Joburg Crises Alliance en ActionSA toe. Raadslede van die opposisie hou vol Gwamanda het nie die regte kwalifikasies om die ekonomiese spilpunt te dien nie. Die leier van Al Jama-ah, Ganief Hendricks, het op Newzroom Afrika Gwamanda se positiewe ingrepe in die stad geloof:
# Suid-Afrikaanse maatskappye sê hulle het vinnig herstel van die reuse-tegniese onderbreking wat Vrydag deur ‘n foutiewe aanpassing van CrowdStrike veroorsaak is. Capitec, Absa, Safair, Airlink, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Stad Tshwane het hulle inligtingstegnologie-kwessies opgelos en nie enige finansiële verliese aangemeld nie. Capitec en Absa evalueer toekomstige risiko-verminderingsmaatreëls. Lugdienste wat probleme ervaar het met aanlyn betalings het ook gesê hulle het herstel en daar was nie enige groot uitwerking nie.
# Tennis: Die voormalige wêreld nommer een, Andy Murray, het sy uittrede aangekondig, en sê die Olimpiese Spele in Parys sal sy laaste toernooi wees. Die 37-jarige het op die Spele in Londen ‘n goue medalje verower, en weer vier jaar later in Rio. Hy is eens beskou as een van die Groot Vier, saam met Rafael Nadal, Roger Federer en Novak Djokovic, maar ‘n vlaag beserings het sy Grand Slam-titels tot net drie beperk. Murray beplan om op die Spele aan die enkel- en dubbelspel deel te neem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-45-sent teen die dollar, 20-rand-2-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-446-dollar-86-sent. Die prys van goud is twee-duisend-403-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….