Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die Nasionale Gesondheidsverseker sal bekostigbare gesondheidsorg verseker
# Staatsamptenare verwelkom die president se benadering tot die bevordering van samewerking
# En, sokker: Barcelona se ondersteuners samel fondse op TikTok in vir ‘n kontrak met Nico Williams
# President Cyril Ramaphosa het bevestig die regering sal verseker Suid-Afrikaners het binne die volgende vyf jaar toegang tot bekostigbare, gehalte gesondheidsorg deur die Nasionale Gesondheidsversekering. Ramaphosa sê die staat sal hom toespits op die versterking van gesondheidsorg-infrastruktuur, die verbetering van opleiding en die gebruik van tegnologie. Hy beklemtoon samewerking tussen die openbare en die privaat sektor en vra dialoog vir verbetering:
Die Vereniging van Staatsamptenare het intussen Ramaphosa se benadering verwelkom om nie die inwerkingstelling van die Nasionale Gesondheidsversekering deur te stoomroller nie en samewerking met die private mediese bedryf en ander rolspelers te oorweeg. Die vereniging se woordvoerder, Claude Naiker, sê hulle waardeer daarom Ramaphosa se bereidwilligheid om die NGV reg in te stel vir die land se beswil. Die vakbond sê enorme regsuitdagings kan verhoed word, indien die regering die kritieke insette van rolspelers in aanmerking neem voordat die proses begin.
# Die Valke sê hulle het sedert die begin van die jaar op tien geheime dwelmlaboratoriums afgekom en 34 mense in hegtenis geneem. Woordvoerder Katlego Mogale sê vier mense, onder wie ‘n plaaseienaar en twee Meksikaanse burgers, is Vrydag by Groblersdal in Limpopo in hegtenis geneem toe die polisie op ‘n laboratorium en meer as twee-miljard-rand se dwelms afgekom het:
# Die leier van die opposisie in Uganda, Bobi Wine, sê sekerheidsmagte omring sy party se hoofkwartier, op die vooraand van ‘n beplande teenkorrupsie-optog wat deur die owerhede verbied is. Die optrede kom twee dae nadat president Yoweri Museveni, wat byna vier dekades lank die land met ‘n ystervuis regeer, gewaarsku het Ugandese wat beplan om môre op te ruk speel met vuur. Wine, wie se regte naam Robert Kyagulanyi is, het aan AFP gesê die hoofkwartier van sy National Unity Platform in Kavule, ‘n voorstad van die hoofstad Kampala, is omsingel.
# Sokker: Aanhangers van Barcelona dra simboliese bedrae geld by op die klub se amptelike TikTok-rekening om ‘n kontrak by die LaLigaspan te verseker vir die voorspeler Nico Williams. Die 22-jarige speler van Athletic Bilbao het ‘n groot oordragteiken geword vir top Europese klubs. Hy was een van die opwindendste spelers in Spanje se sewe agtereenvolgende oorwinnings op die Europese Kampioenskap. Volgens Transfermarkt, is Williams se huidige markwaarde sowat 1,4-miljard-rand. Barcelona het nog nie kontrakte met enige spelers onderteken in die somer-oordragtydperk nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-61-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-389-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-405-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….