Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 22 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê dit is belangrik om ‘n gebalanseerde klimaat-agenda op te stel vir kwessies wat kritiek is vir ontwikkelende lande en om ontwikkelde lande te dwing om hul verpligtinge na te kom. Die minister woon vandag en môre die agtste ministersvergadering oor Klimaat-optrede in Wuhan, China, by. Die woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê sleutelkwessies rakende die Verenigde Nasies se Raamwerk-konvensie oor Klimaat-verandering sal bespreek word:
# Die Open Society Foundations sal 7,3-miljard-rand oor agt jaar beskikbaar stel om groennywerheidsbeleide te ontwikkel wat ekonomiese groei ondersteun in die Globale Suide. Die nuwe Program vir Ekonomiese en Klimaatswelvaart sal veldtogte in die Amerikas, Afrika, die Midde-Ooste en Suidoos-Asië befonds. Die befondsing wil ekonomiese welvaart bevorder en klimaatsuitdagings aanpak. Die program sal burgerlike samelewingsorganisasies en onafhanklike dinkskrums in Suid-Afrika, Senegal, Brasilië, Indonesië, Maleisië en Mexiko ondersteun.
# En ten slotte: Die DA in Gauteng sê hy neem kennis van die Departement van die Omgewing se planne om klimaatsverandering in die provinsie te takel. Die party sê Gauteng is Suid-Afrika se ekonomiese middelpunt en dra aansienlik by tot koolstofvrystellings. Dit is dus nie immuun teen die uitwerking van klimaatsverandering nie. Leanne de Jager van die DA sê klimaatsverandering is ‘n ernstige saak en alle regeringsvlakke asook die samelewing moet saamwerk om dit te bekamp:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….