Nuus 08:00
BULLETIN 22 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu verwelkom die ondertekening van die Pensioenfondswysigingswetsontwerp
# Senzo Meyiwa se moordverhoor hervat na ‘n maand lange onderbreking
# En Kamala Harris sê sy beoog om die Demokratiese benoeming te verdien en te wen
# Cosatu het president Cyril Ramaphosa se besluit verwelkom om die Wysigingswetsontwerp op Pensioenfondse te onderteken. Die wysiging stel lede van pensioenfondse in staat om ‘n gedeelte van die spaargeld in hul fondse vóór hul aftrede te onttrek. Bydraes word in twee potte verdeel, waarvan een derde vóór aftrede onttrek kan word. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê dit sal baie welkome verligting vir miljoene werkers en hul gesinne bring wat te veel skuld het:
# Die adjunkminister van Gesondheid Joe Phaahla lei dié week ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die 25ste Internasionale Vigskonferensie in München in Duitsland. Die wêreld se grootste konferensie oor MIV en Vigs bring wetenskaplikes, aktiviste en beleidmakers byeen. Die departementele woordvoerder Foster Mohale sê die konferensie bied Suid-Afrika die geleentheid om insigte te deel uit MIV-proewe en die uitslag van onlangse peilings:
# Die moordverhoor van die gewese doelwagter van Bafana Bafana, wyle Senzo Meyiwa, hervat vandag in die Hooggeregshof in Pretoria ná ‘n maand lange onderbreking. Hy is in 2014 in sy vriendin, Kelly Khumalo, se ouerhuis in Vosloorus aan die Gautengse Oos-Rand doodgeskiet. Vyf mans word van sy moord aangekla. Vodacom se opsiener vir forensiese skakeling, Pinky Vythilingam, sal oor die beskuldigdes se selfoondata getuig.
# Amerika se visepresident Kamala Harris sê sy is geëerd om president Joe Biden se goedkeuring te kry en het belowe om die benoeming te verdien en te wen. Biden het Harris as die Demokratiese benoeming bekragtig om teen die Republikein Donald Trump, te staan. Dit volg nadat Biden besluit het om aan die presidensiële wedloop te onttrek. Baie gesiene Demokrate soos Bill en Hillary Clinton, en Kalifornië se goewerneur Gavin Newsom, ondersteun die visepresident. Harris kan die eerste swart vrou en eerste Asiatiese Amerikaner word wat ʼn groot Amerikaanse politieke party se presidentskandidaat word.
# Fietsry: Die 25-jarige Tadej Pogačar het sy derde Tour de France-titel gebuit. Die Slowaak het ses van die 21 skofte gewen en die skaars Giro d’Italia-Tour de France-dubbel gebuit. Hy het die eerste mans-fietsryer in 26 jaar geword wat albei in dieselfde seisoen kon regkry. Hy het die Tour met ses minute en 17 sekondes gewen en die titel by die tweemalige verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard van Denemarke, afgeneem. Die Belgiese fietsryer, Remco Evenepoel, was derde. Pogačar sê die dubbel was ʼn wonderlik ervaring:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-23-sent teen die dollar, 19-rand-86-sent teen die euro en 23-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67X-duisend-972-dollar-34-sent. Die prys van goud is twee-duisend-409-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….