Nuus 13:00
BULLETIN 20 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi vra ‘n nuwe benadering teenoor Suid-Afrika se uitdagings
# Die minister van Polisie eis ‘n vinnige ondersoek na die sluipmoordpoging op ‘n SAID-advokaat
# En sokker: Die volgende bestuurder van Engeland ‘moet ‘n groot toernooi wen’
# Die nasionale leier van RISE Mzansi Songezo Zibi vra ‘n vars regeringsperspektief op maatskaplike kwessies, waaronder misdaad en veiligheid, na die sluipmoordpoging op advokaat Coreth Naudé in eThekwini. Zibi sê daar moet ‘n sterker staatsteenwoordigheid wees, en meegevoel met mense se lyding. Hy moedig president Cyril Ramaphosa aan om die land te inspireer en te verenig, en beklemtoon dringendheid en aanspreeklikheid met die hanteer van die huidige krisis en die skep van ‘n toekoms van hoop:
# Die minister van Polisie Senzo Mchunu veroordeel die sluipmoordpoging op ‘n advokaat van die Inkomstediens, Coreth Naudé. Sy het oorleef nadat koeëls haar in Durban in die bolyf getref het. Naudé het vir die SAID opgetree in ‘n belastingondersoek na ‘n sakevrou van die stad, Shauwn Mkhize. Mchunu het aan News24 gesê dit was ‘n aanslag op die oppergesag van die reg en demokrasie, en beloof vinnige optrede deur die polisie en die Valke in hul ondersoek. Dit was die jongste in ‘n reeks aanvalle gemik op die ondermyning van regsprosesse.
# Die Stad Tshwane is besig met ‘n inhaalplan met vullisverwydering na ontwrigtings weens nuwe diensverskaffers. Die woordvoerder Lindela Mashigo sê die ontwrigtings het die middel van die maand begin, toe nuwe kontrakteurs oorgeneem het. Hy gee die versekering wetstoepassers sal afvalvragmotors vergesel terwyl die stad werk aan vertragings, wat veroorsaak is deur die vorige kontrakteurs wat nie onder nuwe tenderspesifikasies behou is nie:
# Die Europese Unie en Serwië het ‘n ooreenkoms onderteken om die verskaffing van litiumbatterye te ontwikkel wat as ‘n noodsaaklike onderdeel beskou word om die oorgang na groen energie in Europa te dryf. Die ooreenkoms word beskou as die eerste stap om die minerale bronne in Serwië sal ontwikkel en moontlik voorraadkettings kan skep, insluitend die vervaardiging van litiumbatterye en komponentonderdele. Die ooreenkoms volg slegs dae nadat ‘n hofuitspraak meegebring het dat die Serwiese regering opnuut ‘n litiumynbouprojek goedkeur het wat vir twee jaar stilgestaan het weens massaprotesaksie.
# En, sokker: Die Engelse beheerliggaam, die FA, sê hy het reeds ‘n paar kandidate uitgeken, maar is op soek na ‘n hoofafrigter wat die land se eerste groot mansbeker sedert 1966 kan inpalm. Gareth Southgate het uitgetree na Spanje Engeland geklop het in die finaal van Euro 2024. Die posbeskrywing sê daar sal van enige kandidaat verwag word om vir die eerste keer sedert die 1966 Wêreldbeker ‘n belangrike trofee te wen. Die voormalige bestuurder van Chelsea Mauricio Pochettino, Newcastle se bestuurder Eddie Howe en die oud-Chelsea en -Brighton afrigter Graham Potter word almal beskou as moontlike opvolgers.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….