Nuus 11:00
BULLETIN 20 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Minister van Handel vra die nywerheidsbeleid moet opgeskerp word
# Premier Winde steun die regering van nasionale eenheid en vra ‘n regverdige begroting vir die Wes-Kaap
# En, tennis, Rafael Nadal dring deur na die Bastad-halfeindstryd na ‘n marathon van vier uur
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het pogings aangekondig om armoede uit te roei en die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Hy vra ‘n nasionale fokus op nywerheidsbeleid. Tau het in die Parlement gepraat en die mede-skepping van markte en vennootskappe beklemtoon, waarby beide partye baat. Tau merk ook op 25-persent van Suid-Afrika se rykdom word bestee aan invoere, wat nie ooreenstem met ontwikkelingsbehoeftes nie. Hy vra die versnelling van ‘n slim nywerheidsbeleid teen dié kwessies:
# Die premier van die Wes-Kaap Alan Winde het steun uitgespreek vir die regering van nasionale eenheid. Winde eis egter ‘n regverdige begroting om te verseker die provinsie vervul sy rol in die bou van ‘n beter toekoms. Die premier het gepraat in die debat oor president Cyril Ramaphosa se Parlementsopeningsrede. Hy beloof om steeds druk uit te oefen vir die afwenteling van polisiemagte om beter toekenning van bronne vir die provinsie te verseker:
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het beslag gelê op meer as ses-miljard-rand, plus rente, uit sewe plaaslike rekenings van Steinhoff. Die adjunk-president Fundi Tshazibana het die verbeurtverklarings aangekonding na oortredings van regulasies oor buitelandse valuta. Dit raak ondernemings soos Steinhoff Africa Holdings, Steinhoff International Holdings en Ibex Investment Holdings. Steinhoff het verlede jaar die bevriesing van 5,5-miljard-rand in die Hooggeregshof teengestaan. Die Reserwebank het in April ook beslag gelê op 60-miljoen-rand in kontant en eiendom van Berdine Odendaal, wat verbind word met die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste.
# En, tennis: Rafael Nadal moes gister veg om deur te dring na die halfeindstryd van die Bastad Ope in Swede met ‘n oorwinning van 6-7, 7-5, 7-5 teen Mariano Navone van Argentinië, wat drie uur en 59 minute geduur het. Die 22-malige Grand Slam-kampioen is vir die eerste keer sedert Wimbledon twee jaar gelede onder die laaste vier van ‘n toernooi. Nadal kom volgende te staan teen die Kroaat Duje Ajdukovic, wat nommer 130 in die wêreld is. Nadal gebruik die toernooi in Bastad om voor te berei vir die Olimpiese Spele in Parys, waar die tennis op Roland Garros gespeel word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….