Nuus 08:00
BULLETIN 20 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die AA verwelkom die brandstofpryshersiening-aankondiging deur president Ramaphosa
# ‘n Russiese hof vonnis ‘n Amerikaanse joernalis tot 16 jaar tronkstraf vir spioenasie
# En die Olimpiese Spele, ‘n jong Japanse gimnas word Parys verbied weens rook en drink
# Die Automobiel-Assosiasie is vol lof teenoor president Cyril Ramaphosa oor sy onderneming om brandstofpryse te hersien en om BTW-vrystellings op noodsaaklike voedselitems uit te brei. Woordvoerder Eleanor Mavimbela sê die AA maak al lank voorspraak dat die brandstofprys hersien moet word oor stygende pryse wat die verbruiker raak. Sy sê die assosiasie vertrou die hersiening sal kwessies aanspreek, veral ten opsigte van die heffing aan die Padongeluksfonds, om verligting te bring:
# Business Unity South Africa is bemoedig deur president Cyril Ramaphosa se voorneme om belanghebbers te verenig oor die Nasionale Gesondheidsversekering. Die uitvoerende hoof van BUSA Cas Coovadia steun ‘n samewerkende benadering, en beklemtoon die Wet op die NGV in sy huidige vorm is onbekostigbaar en onvolhoubaar. Hy vra wysigings vir die inwin van privaat sektorhulpbronne en om ekonomiese bestendigheid te verseker, terwyl universele gesondheidsdekking nagejaag word:
# ‘n Hof in Rusland het die Amerikaanse verslaggewer Evan Gershkovich tot 16-jaar tronkstraf gevonnis vir spioenasie. Amerika het die hofprosedure van drie weke as ‘n klug veroordeel. Volgens Rusland se beleid word gevangenes nie internasionaal uitgeruil nie, behalwe as hulle reeds skuldig bevind is, wat moontlik ‘n uitruilooreenkoms vir die 32-jarige kan beteken. Die korrespondent van die Wall Street Journal, wat onskuldig gepleit het, het in Maart 2023, toe hy arresteer is, die eerste joernalis in Rusland sedert die Koueoorlog geword wat van spioenasie aangekla is.
# Olimpiese Spele: Die Japanse gimnas Shoko Miyata is onttrek aan die land se span vir die Spele in Parys nadat sy betrap is waar rook en drink. Die 19-jarige sou in die Franse hoofstad die kaptein gewees het van Japan se vrouegimnastiekspan, maar is huis toe gestuur van die oefenkamp in Monaco nadat sy erken het sy het die gedragskode oortree. Rook en drink is onwettig vir mense jonger as 20 in Japan. Miyata het in 2022 by die wêreldkampioenskap in Liverpool brons gekry op die balanseerbalk.
# En, ‘n verslag deur Cisco Systems het die voordele uitgelig van hibriede werkplekke vir Suid-Afrikaanse organisasies, en sê dit bevorder werknemers se welstand en produktiwiteit. Al staan 72-persent van plaaslike uitvoerende hoofde ‘n volledige terugkeer na die kantoor voor, verkies die jonger werkmag hibriede reëlings vir buigbaarheid. Die verslag dui aan hibriede werk bespaar koste, verbeter kommunikasie en verbeter die werkplekkultuur. Met 40-persent van kantoorinteraksies wat afstandsdeelnemers behels, is tegnologie noodsaaklik vir optimale hibriede werk, asook die opdatering van die tradisionele kantooruitleg om buigsame werksomgewings beter te ondersteun.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….