Nuus 09:00
BULLETIN 19 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IVP-leier verwelkom Ramaphosa se verbintenis om sukkelende munisipaliteite te help
# ActionSA sê hy is versigtig optimisties ná die president se toespraak
# En, Trump praat vir die eerste keer oor die sluipmoordpoging in die openbaar
# Die IVP-leier en minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê hy verwelkom president Cyril Ramaphosa se belofte dat sukkelende munisipaliteite bygestaan sal word. Die president het gisteraand in sy toespraak by die parlementsopening in Kaapstad gesê die regering wil stabiliteit bring na metro’s se bestuur en dienslewering hertel. Hlabisa sê wanfunksionele munisipaliteite sal reggestel word:
ActionSA sê intussen Ramaphosa se toespraak was ‘n kombinasie van versigtige optimisme en kritiese skeptisisme. Die party se Parlementêre leier, Athol Trollip, sê die taalgebruik en beleid in die president se toespraak weerspieël wat ActionSA al jare glo, naamlik die instandhouding van die staat se infrastruktuur en die aanstelling van bekwame, gekwalifiseerde werknemers. Hy sê sekere kritieke kwessies is egter ooglopend uitgelaat:
# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni sê hy het voorstelle by die metro se Energie-afdeling ingedien om te verhoed dat veldbrande kritieke kraginfrasruktuur beskadig, of om dit te beperk. Dit volg nadat ‘n brand naby Modderfonteinweg in Kempton Park kraginfrastruktuur vernietig het en inwoners van Ester Park sonder elektrisiteit gelaat het. Die VF Plus sê die afdeling kan verskeie stappe doen, soos roetine-inspeksies en gereelde instandhoudingswerk aan kraginfrastruktuur, asook die verbetering van die plaaslike noodreaksiespanne se vermoë en voorbereiding.
# Oudpresident Donald Trump van Amerika het sy belewenis van die sluipmoordpoging op hom die eerste keer in die openbaar gedeel terwyl hy die Republikeinse konvensie in Milwaukee toegespreek het. Die Republikeinse presidentskandidaat is verlede naweek tydens ‘n saamtrek in Pennsilvanië deur die 20-jarige Thomas Matthew Crooks in sy oor geskiet. Die Geheime Diens het Crooks op die toneel doodgeskiet. Trump sê hy het kalm gevoel ten spyte van koeëls wat by hom verbyvlieg:
# Krieket: Ollie Pope het sy sesde toets-honderdtal behaal terwyl Engeland die eerste dag van die tweede toets teen die Wes-Indies op Trent Bridge oorheers het. Die 26-jarige Pope het 121 aangeteken en ʼn vinnige 105-vennootskap met Ben Duckett gesluit. Die gashere het hulle laaste vyf paaltjies vir 74 lopies verloor en was in hul eerste beurt op 416 almal uit. Alzarri Joseph het drie paaltjies laat kantel. Engeland loop met een-nul voor in die reeks van drie wedstryde nadat hulle die eerste toets op Lord’s met ʼn beurt en 114 lopies gebuit het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-225-dollar-51-sent. Die prys van goud is twee-duisend-425-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….