Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 18 Julie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ekonoom van Standard Bank is optimisties oor ‘n rentekoersverlaging om kleinhandelverkope aan te vuur
# Kaapstad deel meer as 10-duisend oorstromings-boupakke uit met selfs nog reën in die vooruitsig
# En, die Olimpiese Spele: Groot dele van Parys is in sekerheidsafsluiting voor die begin van die Spele
# Die hoof van Makro-ekonomiese Navorsing van die Standard Bankgroep, Elna Moolman, hoop die Reserwebank sal binnekort rentekoerse verlaag om sukkelende kleinhandelverkope te verbeter. Moolman sê die jaar-tot-jaargroeikoers het in Mei op 0,8-persent gebly, maar sy verwag beter verbruikersaanwysers in die tweede helfte van die jaar, indien inflasie verder sou afneem:
# Die Stad Kaapstad se Direktoraat Menslike Nedersettings sê hy het van verlede week af reeds meer as tien-duisend oorstromings-boupakke uitgedeel. Die stad beleef die afgelope twee weke ongekende reën wat oorstromings veroorsaak. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Carl Pophaim, sê die hulppakke word regoor die metro uitgedeel, maar veral in informele nedersettings, waar inwoners dikwels skuilings opslaan in gebiede wat neig na oorstromings of in vleilande:
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het vertroue uitgespreek dat Suid-Afrika sal kan voldoen aan die vermindering van honger teen 2030. Hy beklemtoon die behoud van volhoubare landbou en die vermindering van die koste van voedsel. Steenhuisen vra die vermeerdering van belastingvrye voedselsoorte om te verseker meer mense het toegang tot voedsame kos, en beklemtoon die belangrikheid van die beskerming van landbougrond om voedselproduksie te verseker. Hy sê Suid-Afrika bly ‘n netto-uitvoerder van voedsel:
# Olimpiese Spele: Groot dele van Parys is in sekerheidsafsluiting in afwagting op volgende Vrydag se openingseremonie langs die Seine-rivier. Atlete het in die Franse hoofstad begin aankom en die stad verwag ook tot 10-miljoen toeskouers. Die sekerheidsmaatreëls sluit in dat mense wat die gryssone met die hoogste sekerheid op die oewers van die Seine wil binnegaan, soos inwoners en besoekers met hotelbesprekings, ‘n QR-kode-sekerheidspas benodig. Talle Metro-stasies is ook gesluit tot volgende Saterdag.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-21-sent teen die dollar, 19-rand-92-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-830-dollar-49-sent. Die prys van goud is twee-duisend-466-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-3-sent per vat.
# En ten slotte: Die anti-apartheidveterane Cas Coovadia, Neeshan Balton en Mavuso Msimang het kommer uitgespreek dat die huidige ANC-leierskap wegbeweeg het van Nelson Mandela se filosofie. Vandag is Internasionale Nelson Mandeladag. Die staatmakers beskuldig die leiers dat hulle Mandela se waardes van selfloosheid laat vaar het, en voorkeur gee aan hulle eie persoonlike belange. Coovadia vra die regering van nasionale eenheid moet weer Mandela se beginsels onderskryf, terwyl Balton en Msimang die belangrikheid beklemtoon van eenheid en die vervulling van onbereikte ekonomiese doelwitte.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….