Nuus 08:00
BULLETIN 18 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Godongwana is vol vertroue Suid-Afrika sal vroeg volgende jaar van die gryslys verwyder word
# Die vakbondfederasie SAFTU versoek die Reserwebank om rentekoerse te verlaag
# En Biden toets positief vir Covid-19
# Minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê met die regering se vinnige instelling van die aksieplan waarop met die Finansiële Aksietaakmag ooreengekom is, sal die land vroeg volgende jaar van die gryslys verwyder word. Suid-Afrika is in Februarie verlede jaar op die gryslys geplaas omdat hy nie voldoen aan internasionale standaarde wat geldwassery en onwettige finansiële transaksies betref nie. Godongwana sê sy departement het 31,2-miljoen-rand toegeken aan belastingbeleid-subprogram in die ekonomiese beleid-, belasting-, finansiële regulering- en navorsingsprogram om die land van die gryslys te kry:
# Die vakbondfederasie Saftu vra die Monetêre Beleidskomitee van die Reserwebank om rentekoerse te verlaag. Die komitee se jongste besluit word vandag aangekondig. Die woordvoerder van Saftu Trevor Shaku voer aan die huidige 11,75-persent prima-uitleenkoers vererger die finansiële las op die werkersklas aansienlik. Hy sê dit lei tot hoër skulddelgingskoste, meer verbruikers wat betalings oorslaan en druk op kleinsake. Shaku moedig die Reserwebank aan om sy inflasieteikenbenadering te heroorweeg.
# Die DA in Gauteng sê dit lyk nie asof die Gesondheidsdepartement ‘n les uit die Life Esidimeni-tragedie geleer het nie omdat dit nou weer deur die Kanker-alliansie vervolg gaan word. Volgens ʼn hofaansoek het die departement gefaal om die 784-miljoen-rand in die 2023-begroting te gebruik om lewensreddende behandeling aan kankerpasiënte te verskaf en bestraling- en operasie-agterstande in Gauteng te verminder. Jack Bloom van die DA sê mense moenie sterf as gevolg van die departement se berugte korrupsie, onbevoegdheid en nalatigheid nie:
# Dit Withuis het bevestig president Joe Biden het positief getoets vir Covid-19 en het ligte simptome. Die president se dokter, Kevin O’Connor, sê hy het sy eerste dosis van die antivirale middel, Paxlovid, ontvang en hy voel goed. Die 81-jarige Biden sal hom by sy Delaware-woning isoleer in ooreenstemming met die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming se riglyne. Biden is onder groot druk om sy veldtog om weer as president verkies te word, te laat vaar.
# Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê hy ondersteun Chris Woakes in sy rol om die boul-eenheid te lei. Die 35-jarige speler sal in sy 50ste toets speel wanneer die tweede toets teen die Wes-Indies vanmiddag by Trent Bridge begin. Dis die eerste tuis-toets sedert 2012 waarin nie James Anderson of Stuart Broad speel nie omdat albei uitgetree het. Stokes sê Woakes sal die aanval lei en die nuwe bal met Gus Atkinson deel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-837-dollar-33-sent. Die prys van goud is twee-duisend-466-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-36-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….