Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Binnelandse Sake gaan nuwe slim-ID-kaarte instel met verbeterde sekerheidsmaatreëls
# Verskeie Wes-Kaapse damme is meer as 100% vol na die erge storms
# En, rugby: Phepsi Buthelezi sê daar is baie leiers in die Springbok-groep
# Suid-Afrikaners gaan nuwe, opgeknapte identiteitsdokumente en paspoorte kry. Volgens die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sal die opgedateerde dokumente verbeterde sekerheidsmaatreëls hê om bedrog teen te werk en internasionale vertroue op te bou. Slim ID’s is in 2013 ingestel om die ou groen-ID-boekies te vervang, hoewel die boekies nog in gebruik is. Schreiber het die aankondiging gedoen in sy begrotingsrede, maar nie die insteldatum of die presiese kenmerke aangedui nie.
# Die gemiddelde damvlakke in die Wes-Kaap het na erge storms gestyg tot 87,5-persent. Die Departement van Water en Sanitasie berig verskeie damme is meer as 100-persent vol, waaronder die Bergrivier- en die Buffeljags-dam. Damme in Kaapstad se vlakke het binne ‘n week met 20-persent gestyg en staan nou op gemiddeld 95,2-persent. Ondanks die reën, moedig die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, waterbesparing aan en beklemtoon beleggings in ontsouting en grondwaterprojekte. Die Weerdiens voorspel nog reën, met ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir ontwrigtende neerslae en skadelike wind.
# ‘n Opname deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing bevestig meer as twee-derdes van die agri-ondernemings in Suid-Afrika het vernuwende bedrywe tussen 2019 en 2021 ingestel, ten spyte van ontwrigting weens Covid-19. Die Suid-Afrikaanse Opname vir Landboukundige Sakevernuwing toon 63-persent van die ondernemings het prosesvernuwings ingestel en 38,5-persent was op produkvernuwing toegespits. Die navorsingsleier, Yasser Buchana, beklemtoon die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van hierdie ondernemings en wys op hulle sleutelrol om voedselsekerheid vol te hou.
# Koning Charles van die Verenigde Koninkryk vra sy regering vir verbeterde grense vir Brittanje en veiliger strate. Dit is daarop gemik om georganiseerde misdaad te bekamp, insluitend mensehandel, vuurwapens en dwelms en voorrang aan die beskerming van die gemeenskap. Hy het tydens die Staatsopening van die Parlement ‘n wetsontwerp bekendgestel om die stelsel van asiel en immigrasie te moderniseer en ‘n nuwe grenssekerheids-bevelspos te vestig:
# Rugby: Die losvoorspeler Phepsi Buthelezi is een van sewe nuwelinge in die Springbok-groep vir Saterdag se heel eerste toets teen Portugal, wat in Bloemfontein plaasvind. Die 25-jarige is as flank in die opdrafspan. Buthelezi is bekend met die leierskaprol by die Junior Springbokke en die Haaie en sê hy is beïndruk met die manier waarop die leierskap by die Springbokke gedeel word:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-17-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-775-dollar-65-sent. Die prys van goud is twee-duisend-474-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-41-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….