Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Nuwe navorsing het onthul die uitwerking van klimaatsverandering het die aarde se rotasie verander en veroorsaak dat dae langer word. Volgens ‘n studie wat in Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer is, word water wat eens op die pole gekonsentreer is, na die ewenaar versprei weens ys en gletsers wat smelt. Navorsers voeg by die bykomende massa om die middel van die aarde vertraag sy rotasie, wat op sy beurt die dae langer maak.
# Die iMasons-klimaatooreenkoms, ICA, se beheerliggaam moedig die digitale infrastruktuurbedryf aan om omgewingsprodukverklarings te aanvaar om datasentrums te bou en te bedryf. Groot tegnologiemaatskappye soos Microsoft, Google, Meta en Amazon Web Services is verbind tot geen koolstofvrystellings nie. ICA se uitvoerende direkteur, Miranda Gardiner, sê omgewingsprodukverklarings is noodsaaklik om die toekoms van digitale infrastruktuur te hervorm om meer veerkragtig en klimaat-positief te wees.
# En ten slotte: ‘n Huur-om-te-besit-elektrisiteit- en Campion-model is in die Nomzamo-landboudorp in Ermelo, Mpumalanga, bekendgestel. Dis gedoen deur Peco Power, ʼn baanbreker in die ontwikkeling van volhoubare energie-oplossings aan die Universiteit van die Witwatersrand. Nomzamo se inwoners sukkel met volgehoue toegang tot elektrisiteit. Wits sê danksy Peco Power het inwoners nou toegang tot PowerBrick. Dis ʼn sonkrag-gedrewe slim energie-oplossing vir gemeenskappe wat nie elektrisiteit van die kragnetwerk af kry nie. Inwoners kry toegang tot hul PowerBrick-stelsel met ʼn huur-om-te-besit-intekening van 12 maande.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….