Nuus 07:00
BULLETIN 17 Julie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Basiese Onderwys gaan die graad 12-slaagsyfer hersien
# Die Inkomstediens se kunsmatige intelligensie-instrument het ‘n positiewe uitwerking
# En ses liggame is in ’n luukse hotel in Bangkok gevind
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het planne aangekondig om die graad 12-slaagsyfer te hersien, wat tans op 30-persent staan. Gwarube het gereageer op kritiek oor die huidige slaagsyfer en wil ook ‘n raadgewende raad stig wat bestaan uit sleutelbelanghebbers en -kundiges. Die raad wil seker maak pogings om onderwys te verbeter is gefokus, gegrond op bewyse en voldoen aan beste praktyke. Sy sê die klem is op die verbetering van geletterdheid en syfervaardigheid:
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, sê die kunsmatige-intelligensie-instrument wat hulle gebruik om bedrog op te spoor, het die fiskus miljarde rand aan bedrieglike uitbetalings gespaar. Die inkomstediens het reeds byna tien-miljard-rand terugbetaal aan minstens 1,6-miljoen belastingbetalers wat outomaties geassesseer is in aanloop tot vanjaar se belastingseisoen. Kieswetter sê hulle het die afgelope jaar uiters hard gewerk om die akkuraatheid van massa-datavoorleggings te verbeter:
# Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se poging om sy ooreenkoms met eZaga Holdings te beëindig, stopgesit. Die maatskappy hanteer studentetoelaebetalings. Waarnemende regter Sven Olivier se uitspraak keer ook dat die skema universiteite toelaat om studente direk te betaal. Die besluit geld ook vir Coinvest Africa, Tenet Technology en Norraco Corporation, wat almal tenders gekry het met eZaga. Die skema wou die kontrakte beëindig al is hulle geldig, hangende ‘n volle hofhersiening.
# Kankeralliansie, verteenwoordig deur SECTION27, het ‘n hofsaak aanhangig gemaak teen die LUR vir Gesondheid in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, asook die Departement van Gesondheid en Welstand in Gauteng omdat hulle niks doen oor agterstande nie. Die woordvoerder van SECTION27, Pearl Nicodemus, sê die departement en die LUR het nagelaat om 784-miljoen-rand te bestee wat aan agterstande met bestraling en chirurgie toegewys is. Sy sê die saak kom op 23 Julie in die Hooggeregshof in Johannesburg voor:
# Die polisie stel ondersoek in na die dood van ses mense wat in ‘n kamer by die vyfster-hotel, Grand Hyatt Erawan in Thailand se hoofstad, Bangkok, gevind is. Die oorledenes, drie mans en drie vroue, was almal Viëtnamese burgers en sommige het dubbele Amerikaanse burgerskap gehad. Die Thaise eerste minister, Srettha Thavisin, sê daar was geen teken van roof of ʼn aanval nie, en die oorsaak was vermoedelik vergiftiging. Die polisie soek tans die sewende persoon wat deel van die hotelbespreking was en tans ʼn verdagte is.
# Krieket: Engeland het een verandering aangebring aan sy groep vir die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande by Trent, en die snelbouler Mark Wood opgeroep. Hy vervang James Anderson, wat sy skitterende loopbaan beëindig het ná die sege in die eerste toets op Lord’s. Engeland het in net meer as twee dae met ʼn beurt en 114 lopies gewen. Wood, wat 108 paaltjies in 34 toetse platgetrek het, het op hulle toer na Indië vroeër vanjaar laas vir Engeland gespeel. Die tweede toets begin Donderdag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-3-sent teen die dollar, 19-rand-67-sent teen die euro en 23-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-582-dollar-15-sent. Die prys van goud is twee-duisend-472-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….